Nuusvoorspelling vir 23 April

Reint Dykema

Dina Pule
– Kommunikasie minister Dinah Pule kondig op ʼn mediakonferensie aan dat die Sunday Times haar afpers.  Lees die minister se verklaring en toespraak.

– Sunday Times het minister Pule se aantygings verwerp.

– Die Sunday Times publiseer stawende artikel oor hou Pule se “vriend” sy vriende bevoordeel het.

– Die vraag word gevra as Pule so sterk voel oor die bewerings, dan hoekom neem sy nie net die Sunday Times hof toe vir laster nie?

– Die DA beskuldig die minister dat sy net simpatie soek.

Marikana
– Die BBC saai Woensdag ʼn Peter Hain film uit met die titel: The Massacre That Changed a Nation

– Hain verduidelik die film in ʼn artikel: South Africa: a crisis for business over social reform

SAR
– President Zuma word weer versoek om troepe na die SAR te stuur.

– Indien troepe weer gestuur word sal hul rebelle help beskerm wat 13 SA troepe gedood het.

Sudan
– Vakbond Sandu beweer dat SA troepe nie hul toelaes kry van die Verenigde Nasies nie.

– Die weermag ontken die bewerings. Bekgeveg tussen die twee duur voort met Sandu wat die voordeel kry.

Misdaad en howe
– Die polisie word ontplooi vir Julius Malema se hofverskyning Dinsdag in Polokwane.

Eskom
– Eskom waarsku dat ʼn  koue winter voor die deur lê maar dat hul kragonderbrekings met alle koste sal wil vermy.

– Joernaliste is egter pessimisties  oor die situasie. Carol Paton tweets: Dames says Eskom will “shed the load” and drop customers this winter if a blackout looms. Get ready people.

Arbeid
– Nog vakbonde sluit aan by die Satawu busstaking. Geen einde is in sig vir die staking.

– Staking by die Northam se Zondereindemyn duur voort met verliese wat vergroot

– Sadtu en die Departement van Onderwys sit vas oor die wettigheid van ʼn Sadtu optog wat vir Woensdag beplan word.

– Numsa se Irvin Jim spreek die Nasionale Persklub toe. Verwag meer kritiek op die Nasionale Ontwikkelings Plan en steun vir Zwelinzima Vavi. Die tweespalt in Cosatu sal verder vergroot.

– Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se eerste kwartaallikse arbeidsmarkrapport vir 2013 verskyn Artikels in die verslag sluit die volgende in: Belastingverligting is oëverblindery, Die mislukking van SEB: 5 stappe, Belasting styg, lone daal, Die ekonomie, die rand en verbruikerskrediet en Die redes agter die rekordhoë petrolprys. Om die verslag elektronies te verkry kliek hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.