Nuusvoorspelling vir 23 Mei

Reint Dykema

1. Guptagate
– Verslag oor skandaal word bekendgemaak. “Nommer een” het opdrag gegee vir landing.
– Debat in parlement gevoer in die parlement sonder president Zuma wat dit bywoon.
– Al die politieke partye kritiseer die ANC oor die kwessie.
– Die ANC voer aan dat die ander partye aan “verkiesingskoors” lei.
– Waterkloofverslag is bekend gestel. Nuwe detail kom na vore.
– Saak teen polisiemanne wat vervolg word oor Guptagate staan nie op vaste grond nie en word beskryf as ʼn klug.

2. Kleinfontein
– Na 21 jaar is die regering geskok dat daar ʼn plek soos Kleinfontein is.
– Klienfontein word beskryf as Pretoria se eie Orania.
– DA Jeug beplan om Donderdag om 11h30 voor Kleinfontein se hekke te betoog.
– Kleinfontein moet dien as weerligafleier vir interne ANC probleme.

3. ANC
– Tussenverkiesings vind Woensdag plaas by Emagethini, Mpendle, Springbok, George en Kaapstad.
– Die ANC loods sy eie App en beplan om die jeug deur Mxit te bereik.

4. Arbeid
– Regering beplan dringende samesprekings met vakbonde oor die krisis in arbeid.
Steven Friedman noem dat verandering in arbeidswetgewing nie ʼn oplossing is vir die konflik nie.
– Amcu speel kat en muis of hy aan die Kamer van Mynbou se onderhandeling gaan deelneem.
Solidariteit het die myngroep Assmang daarvan beskuldig dat hy die vakbond probeer saboteer en in kwade trou optree deur voort te gaan met sy onregmatige ondermyning van Solidariteit se erkenning in die werksplek.

5. e-Tol
Cosatu dreig om Vrydag verskeie hoofweë in Gauteng tot ʼn stilstand te bring om teen die provinsie se voorgestelde e-tolstelsel te betoog.
– Belastingbetalers sou R10 miljard moes opdok indien tol in die Kaap ingestel word.
Aarto se administrasie is deurmekaar en kan die funksionering van tol benadeel.

6. Misdaad
Kuberkrakers ontbloot sensitiewe SAPD-inligting wat 16 000 fluitjieblasers kan ontbloot.
– Reeds 33 seuns sterf in inisiasieskole.
Genl. majoor Simon Mapanyane, hoof van die Valke in Mpumalanga, is Woensdagoggend by die Nelspruit-polisiekantoor in hegtenis geneem op klagte van bedrog.
– Families van Marikana slagoffers stap uit die verhoor nadat maj.gen Charl Annandale simpatie uitspreek.

7. Ekonomie
– Michael Jordaan tree die einde van die jaar uit as uitvoerende hoof van FNB. Steve gaan nie saam nie.

8. Sport
– ʼn Groep van 38 rugbyspelers vir die Springbok-oefenkamp is Woensdag bekendgemaak. Die oefenkamp skop Sondag in Durban af voor die finale Springbokspan vir die Castle Lager-reeks volgende maand bekendgemaak gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.