– Regering gee nie toestemming vir optog nie.
– Met vorige optog het protesgangers nie by die reëls gehou nie.
– Minister Ben Martins noem dat E-tolstelsel ‘noodsaaklik’ om koste te dek
– Die Vryheidsfront Plus is van mening dat die e-tolstelsel ongrondwetlik is en raai die publiek aan om nie e-skyfies te koop nie.
2. Guptagate
– President Zuma stel sy standpunt oor Guptagate in verklaring.
– Lees die regering se Guptaverslag. Vraag wat onstaan is wie is nommer een?
– DA vra vir ʼn onafhanklike verslag in Guptagate.
3. Kleinfontein
– In die laaste verkiesing het die meerderheid van die inwoners van Kleinfontein wat gestem het waarskynlik vir die DA gestem. Donderdag staan die einste DA en betoog voor hul hekke.
– Kleinfonteininwoners nooi DA betogers in.
– Protes kos DA duisende stemme in volgende jaar se verkiesing.
– Kyk na Foto’s: DA-jeugliga besoek Kleinfontein
– Volgens Jan Groenewald het die DA jeugliga verskoning aangebied dat hulle sonder toestemming of ʼn afspraak daar opgedaag het.
– Regering wil alle woonbuurte in Suid-Afrika nierassig maak volgens Tokyo Sexwale.
4. ANC
– Noordwes provinsie wil hul naam vernader na Malome Moses Kotane. Beswaar is dat dit op rigting dui. Suid-Afrika dui egter ook op rigting.
– Gemengde uitslae met die maand se tussenverkiesings. Grootste verrassing is Springbok waar die ANC die DA ore aansit.
5. Arbeid
– President Zuma waarsku dat stakings tot werkverliese kan lei.
– Solidariteit noem dat ʼn groter kopskuif nodig is om probleme met die arbeidsektor op te los.
– Zweli Mkhize noem op NUM saamtrek dat pangas en spiese nie die manier is om te onderhandel nie.
– Uit 1988 aansoeke vir vrystelling van minimumloon in Landbou word 470 aansoeke afgekeur. Verwag werksverliese.
– Kenners bevraagteken Adcorp se voorspellings en wys foute in berekenings uit.
– Solidariteit wen saak in KVBA vir onderwyserres wat per sms afgedank was en hoog swanger.
6. Misdaad en howe
– Drie boere beland in die tronk toe hul renosterstroper aankeer.
– Reeds 350 renosters dood vir die jaar.
– Dood in inisiasieskole staan op 36
– Familie van Marikana myners stap uit toe Riah Phiyega weer begin getuig.
7. Munisipaliteite
– Pretoria se bedryfsbegroting vir 2013/14 beloop R21,6 miljard en die kapitale begroting vir 2013/14 beloop R11,3 miljard.
– AfriForum gaan in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ʼn hofbevel aanvra vir die uitsetting van sowat 1000 onwettige plakkers in Klerksdorp.
–
8. Ekonomie
– Rentekoers bly onveranderd.
– Indien rand verder verswak na R10/$. Dit kan dan veroorsaak dat rentekoerse weer begin styg.