Nuusvoorspelling vir 24 Mei

Reint Dykema

1. eTol
– Regering gee nie toestemming vir optog nie.
– Met vorige optog het protesgangers nie by die reëls gehou nie.
– Minister Ben Martins noem dat E-tolstelsel ‘noodsaaklik’ om koste te dek
– Die Vryheidsfront Plus is van mening dat die e-tolstelsel ongrondwetlik is en raai die publiek aan om nie e-skyfies te koop nie.

2. Guptagate
– President Zuma stel sy standpunt oor Guptagate in verklaring.
Lees die regering se Guptaverslag. Vraag wat onstaan is wie is nommer een?
– DA vra vir ʼn onafhanklike verslag in Guptagate.

3. Kleinfontein
– In die laaste verkiesing het die meerderheid van die inwoners van Kleinfontein wat gestem het waarskynlik vir die DA gestem. Donderdag staan die einste DA en betoog voor hul hekke.
– Kleinfonteininwoners nooi DA betogers in.
– Protes kos DA duisende stemme in volgende jaar se verkiesing.
– Kyk na Foto’s: DA-jeugliga besoek Kleinfontein
– Volgens Jan Groenewald het die DA jeugliga verskoning aangebied dat hulle sonder toestemming of ʼn afspraak daar opgedaag het.
– Regering wil alle woonbuurte in Suid-Afrika nierassig maak volgens Tokyo Sexwale.

4. ANC
– Noordwes provinsie wil hul naam vernader na Malome Moses Kotane. Beswaar is dat dit op rigting dui. Suid-Afrika dui egter ook op rigting.
Gemengde uitslae met die maand se tussenverkiesings. Grootste verrassing is Springbok waar die ANC die DA ore aansit.

5. Arbeid
– President Zuma waarsku dat stakings tot werkverliese kan lei.
Solidariteit noem dat ʼn groter kopskuif nodig is om probleme met die arbeidsektor op te los.
– Zweli Mkhize noem op NUM saamtrek dat pangas en spiese nie die manier is om te onderhandel nie.
– Uit 1988 aansoeke vir vrystelling van minimumloon in Landbou word 470 aansoeke afgekeur. Verwag werksverliese.
– Kenners bevraagteken Adcorp se voorspellings en wys foute in berekenings uit.
– Solidariteit wen saak in KVBA vir onderwyserres wat per sms afgedank was en hoog swanger.

6. Misdaad en howe
– Drie boere beland in die tronk toe hul renosterstroper aankeer.
– Reeds 350 renosters dood vir die jaar.
– Dood in inisiasieskole staan op 36
– Familie van Marikana myners stap uit toe Riah Phiyega weer begin getuig.

7. Munisipaliteite
– Pretoria se bedryfsbegroting vir 2013/14 beloop R21,6 miljard en die kapitale begroting vir 2013/14 beloop R11,3 miljard.
– AfriForum gaan in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ʼn hofbevel aanvra vir die uitsetting van sowat 1000 onwettige plakkers in Klerksdorp.

8. Ekonomie
– Rentekoers bly onveranderd.
– Indien rand verder verswak na R10/$. Dit kan dan veroorsaak dat rentekoerse weer begin styg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.