Nuusvoorspelling vir 25 April

Reint Dykema

1. Sadtu optog
– Optog het in Pretoria en Kaapstad plaasgevind. Volgens joernaliste was daar sowat 3000 betogers by die Uniegeboue en sowat 2000 betogers by die Parlement.
– Die betogers in Pretoria het deur die polisie probeer breek om die Uniegeboue te betree.
– Die eise van Sadtu sluit in dat Angie Motshekga moet bedank en dat die direkteur generaal Bobby Soobrayan afgedank moet word.
– Verder moet daar antwoorde kom op die Limpopo handboekkrisis, tydelike onderwysers moet aangestel word en skole moet nie oorbevolk wees nie.
– Sadtu gee die regering drie weke kans om die eise en griewe op te los anders kom daar ʼn volskaalse staking.
– Cosatu noem dat apartheid steeds bestaan in die SA skole stelsel. Verder dreig Cosatu dat hy by die staking gaan aansluit as daar nie aan die eise gehoor gegee gaan word nie.

2. DKD hofsaak
– Moet aanvang van die hofsaak is die saak van die vyf aansoekers gekonsolideer met nog vyf ander sake.
– Volg hofsaak by #ras #AACourtCase #solidariteit
– Solidariteit tree op vir Linda-Jean Fortuin, Pieter Davids, Christopher February, André Jonkers en Geo-nita Baartman en nog 5.
– Brassey openingsrede. DKD se plan kom neer op kwotas. Nasionale rassedemografie word gebruik.
– Die eerste getuie was adjunk streeks kommissaris Engelbrecht wat reeds 30 jaar vir die DKD werk.
– Volgens Engelbrecht word bruin mense as objekte gesien deur die DKD. Engelbrecht sê die probleem is nie regstelaksie nie maar manier hoe dit geïmplementeer word.
– Engelbrecht wat getuig en die DKD se advokaat Moerane verskil erg oor die vertolking van apartheid en hoe dit bruinmense raak.
– FW de Klerk stigting hou Donderdag mediakonferensie oor die hofsaak.
– Die Vryheidsfront Plus ondersteun Solidariteit in ʼn verklaring met die hofsaak.
– Saak word Donderdag voort gesit.
– Lees ook: Dag 1: Solidariteit vs die DKD

3. Openbare Beskermer
– Die OB stel ses verslae beskikbaar.
– Verslag oor Nkandla is 90% voltooi

4. Top TV
– Die onafhanklike kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Icasa) het Woensdag drie porno kanale goedgekeur wat volwasse vermaakmateriaal mag uitsaai.

5. SAR
– Die weermag maak aanspraak dat hul 700 rebelle gedood het in die SAR. Op van die vorige 500.
– Adjunk-president Kgalema Motlanthe noem dat daar nie nuwe weermag sendings na die SAR gaan wees nie. President Zuma het ʼn ander siening.
– Die eerste minister Tiangaye van die SAR besoek Suid-Afrika van Vrydag af. Hy ontmoet Sondag vir president Zuma.

6. Geheimhoudingwet
– Die wet word Donderdag in die parlement goedgekeur.
– Die snoerwet is deur die parlement gestoomroller volgens die CDP.

7. Tol
– Die Kaapse Kamer vir Koophandel en Nywerheid noem dat tolpaaie ‘n siekte van Sanral is.

8. ANC
Fastjet kry goedkeuring om te vlieg in Suid-Afrika. Een van die vennote is Edward Zuma seun van president Zuma.
– Advokaat George Bizos noem in onderhoud dat die legitimiteit van die grondwet by ʼn kruispad is.

9. Arbeid
– Geen ooreenkoms is nog bereik om die busstaking te beëindig nie.
– Die departement van Landbou bevestig in die parlement dat hul R4,1m aan Bawsi betaal het voor die plaaswerkers staking.
– Paleisrevolusie dreig in Cosatu.

10. Misdaad en howe
– Sake tans aan die gang is Johan Kotze, Kirsty Theologo en die Marikana verhoor. Kotze saak is uitgestel tot Maandag.

11. Desmond Tutu in hospitaal opgeneem vir infeksie wat hom bly pla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.