Nuusvoorspelling vir 26 April

Reint Dykema

1. Petro SA
– M&G breek ʼn R1 miljard skandaal by Petro SA.

2. Inligtingswet
Wet is goedgekeur in die parlement.
– Vraag is of party of groep dit na die Grondwetlikehof gaan neem.
– ANC maak dit duidelik dat hul hoofsweep Mathole Motshekga vir die wet gestem het.

3. DKD hofsaak
Lees Dag 2 van hofsaak
Luister na klank van mediakonferensie deur FW de Klerk stigting.
– VF Plus waarsku dat die ANC vasbeslote is om die bruin-gemeenskap tot ‘n magtelose minderheid te reduseer.
– AfriForumJeug beplan koffieverkoping op Tukkies waar swartes goedkoper koffie kan koop.

4. ANC
Die ANC wen 10 uit 19 wyke met nasionale tussenverkiesings
– Die ANC se Buti Manamela wil met die DA se Lindiwe Mazibuko debatteer. Die 2014 verkiesing is in die lug.

5. Arbeid
– Die ANCWL is 100% agter Angie Motshekga nadat Cosatu eis sy moet bedank.
– Die joernalis Jan de Lange waarsku daar dreig ʼn paleisrevolusie in Cosatu. Vavi se vyande kan egter aan die korste end trek.
– Die vakbond Sactwu beskuldig trustees daarvoor dat R400 miljoen weg is in werkersfondse.
– Die busstaking duur steeds voort. Satawu en ander vakbonde het ʼn memorandum in Kaapstad vandag aan die werkgewers oorhandig.
– Geskorste SAUK beamptes verdien meer as R4m terwyl hul by die huis sit.

6. Misdaad en howe.
– Verhore gister was Charl Pistorius en Kirsty Theologo
– Kuberkrakers het in die Aarto webwerf ingebreek
– Reeds 249 renosters is vanjaar gestroop.
– Prokureurs aan die Marikana verhoor noem dat die verrigtinge tot in 2014 kan voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.