Nuusvoorspelling vir 29 Mei

Reint Dykema

1. Groei in ekonomie
– Die eerste kwartaal groei in die ekonomie is laer as verwag en die rand val tot ʼn vier jaar laagtepunt.
– JSE versterk op nuus dat rand verswak.
– Vrae word gevra oor die regering se ekonomiese beleid en die behoefte om planne soos die NOP te implementeer. Verder dui dit op swak leierskap in die regering.
Eskom versoek gebruikers om te help krag spaar in spitstye.
– Sowat 200 treine word nie in die nag afgesit nie.
– Skuld bly nog ʼn groot probleem vir die man op straat.

2. Mynbou
– Krisis in mynbou word bespreek in die begrotingsrede in die parlement.
– ʼn Taakspan moet aangestel word wat na die probleme in mynbou gaan kyk.
– Minister Susan Shabangu waarsku dat geen anargie geduld sal word nie. Verder vra sy dat partye moet fokus op die beperking van werksverliese.
– VF Plus reaksie: “Ten spyte van ‘geweldige groot’ minerale rykdom kry Suid-Afrika dit nie reg om hierdie bate in welvaart te omskep nie”

3. Glynnis Breytenbach
– Die NVG gaan die saak hersien en neem na ʼn ander hof vir beslissing.
– Die NVG het met Breytenbach die soveelste hoëprofiel-saak verloor.
– Vraag is nou of Breytenbach toegelaat gaan word om al haar sake weer te kan hanteer.
– Die NVG se veronderstelde onafhanklikheid is telkemale onder verdenking geplaas. Die oorhoofse kwessie is steeds die besluit om alle aanklagte teen pres. Jacob Zuma te laat vaar.

4. Diepsloot
– Oproepe word gemaak dat die weermag die situasie in Diepsloot moet gaan help stabiliseer.
– Reeds 45 betogers is gearresteer.

5. ANC
– Die ANC vra president Barack Obama om nie die vryheid van Kaapstad te aanvaar nie en die toekenning te verwerp.
– Die DA wys daarop dat Kaapstad dit reggekry het om meer diens aan sy inwoners te lewer as ander dele van Suid-Afrika.
– Die ANC ontbind drie streke in Limpopo se strukture. Die streke is Sekhukhune, Peter Mokaba, en Mopani.
– President Zuma sluit sy AU besoek af.
Mandela-familie vertel AP hul is ontsteld oor die ANC se laaste besoek aan hom. Noem dat media net besorg is oor wie gaan eerste oor sy dood rapporteer.

6. Cosatu
– Cosatu hou Woensdag om 10:00 ʼn mediakonferensie wat terugvoer gee oor spanning in Cosatu.
– Zwelinzima Vavi sal steeds aan stuur van sake bly met ʼn kompromis voorstel tussen faksies dat komitee sal kyk na probleme.
Numsa is die grootste vriend in die Vavi hoek.
– Die uitstel sal egter net pleister plak op Cosatu spanning wat kwessies betrek soos kritiek teen president Zuma en korrupsie. Teenkanting en e-tol en die NOP.

7. NUM
– NUM versoek ʼn beraad met alle rolspelers voordat Loononderhandelings begin.
– Kritiek word teen NUM gemaak dat hul nie meer die agenda bepaal nie en net reageer op gebeure.

8. SAPS
– Die vakbond Popcru noem dat sowat 40 000 lede gedurende die week in die SAPD gaan begin staak.

9. Misdaad
Nyami Booi, die 53-jarige ANC-LP, het Maandag in die Randburgse landdroshof verskyn nadat hy en sy 39-jarige vrou, Jacqueline, glo die naweek ʼn onderonsie met die polisie gehad het.
– Uitspraak in die Cobus Visser-saak. Visser is ʼn Pretoria-geoloog wat skuldig bevind is op moord op sy vrou.
– Konstabel in Pietersburg skiet rower dood maar word self gewond.
– Riah Phiyega voer aan dat gebeure by Marikana ongekend was.

10. Ekonomie
– Semi-staatsinstellings kan in ‘n ‘Gigaba Empire’ saamgevoeg word.

11. Media
Multi Choice kan moontlik ondersoek word deur die Kompetisie Kommissie
Honderde Facebook-gebruikers se profiele is gekloon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.