1. Groei in ekonomie
– Die eerste kwartaal groei in die ekonomie is laer as verwag en die rand val tot ʼn vier jaar laagtepunt.
– JSE versterk op nuus dat rand verswak.
– Vrae word gevra oor die regering se ekonomiese beleid en die behoefte om planne soos die NOP te implementeer. Verder dui dit op swak leierskap in die regering.
– Eskom versoek gebruikers om te help krag spaar in spitstye.
– Sowat 200 treine word nie in die nag afgesit nie.
– Skuld bly nog ʼn groot probleem vir die man op straat.
2. Mynbou
– Krisis in mynbou word bespreek in die begrotingsrede in die parlement.
– ʼn Taakspan moet aangestel word wat na die probleme in mynbou gaan kyk.
– Minister Susan Shabangu waarsku dat geen anargie geduld sal word nie. Verder vra sy dat partye moet fokus op die beperking van werksverliese.
– VF Plus reaksie: “Ten spyte van ‘geweldige groot’ minerale rykdom kry Suid-Afrika dit nie reg om hierdie bate in welvaart te omskep nie”
3. Glynnis Breytenbach
– Die NVG gaan die saak hersien en neem na ʼn ander hof vir beslissing.
– Die NVG het met Breytenbach die soveelste hoëprofiel-saak verloor.
– Vraag is nou of Breytenbach toegelaat gaan word om al haar sake weer te kan hanteer.
– Die NVG se veronderstelde onafhanklikheid is telkemale onder verdenking geplaas. Die oorhoofse kwessie is steeds die besluit om alle aanklagte teen pres. Jacob Zuma te laat vaar.
4. Diepsloot
– Oproepe word gemaak dat die weermag die situasie in Diepsloot moet gaan help stabiliseer.
– Reeds 45 betogers is gearresteer.
5. ANC
– Die ANC vra president Barack Obama om nie die vryheid van Kaapstad te aanvaar nie en die toekenning te verwerp.
– Die DA wys daarop dat Kaapstad dit reggekry het om meer diens aan sy inwoners te lewer as ander dele van Suid-Afrika.
– Die ANC ontbind drie streke in Limpopo se strukture. Die streke is Sekhukhune, Peter Mokaba, en Mopani.
– President Zuma sluit sy AU besoek af.
– Mandela-familie vertel AP hul is ontsteld oor die ANC se laaste besoek aan hom. Noem dat media net besorg is oor wie gaan eerste oor sy dood rapporteer.
6. Cosatu
– Cosatu hou Woensdag om 10:00 ʼn mediakonferensie wat terugvoer gee oor spanning in Cosatu.
– Zwelinzima Vavi sal steeds aan stuur van sake bly met ʼn kompromis voorstel tussen faksies dat komitee sal kyk na probleme.
– Numsa is die grootste vriend in die Vavi hoek.
– Die uitstel sal egter net pleister plak op Cosatu spanning wat kwessies betrek soos kritiek teen president Zuma en korrupsie. Teenkanting en e-tol en die NOP.
7. NUM
– NUM versoek ʼn beraad met alle rolspelers voordat Loononderhandelings begin.
– Kritiek word teen NUM gemaak dat hul nie meer die agenda bepaal nie en net reageer op gebeure.
8. SAPS
– Die vakbond Popcru noem dat sowat 40 000 lede gedurende die week in die SAPD gaan begin staak.
9. Misdaad
– Nyami Booi, die 53-jarige ANC-LP, het Maandag in die Randburgse landdroshof verskyn nadat hy en sy 39-jarige vrou, Jacqueline, glo die naweek ʼn onderonsie met die polisie gehad het.
– Uitspraak in die Cobus Visser-saak. Visser is ʼn Pretoria-geoloog wat skuldig bevind is op moord op sy vrou.
– Konstabel in Pietersburg skiet rower dood maar word self gewond.
– Riah Phiyega voer aan dat gebeure by Marikana ongekend was.
10. Ekonomie
– Semi-staatsinstellings kan in ‘n ‘Gigaba Empire’ saamgevoeg word.
11. Media
– Multi Choice kan moontlik ondersoek word deur die Kompetisie Kommissie
– Honderde Facebook-gebruikers se profiele is gekloon.