Nuusvoorspelling vir 3 Mei

Reint Dykema

1. Guptagate
– Die Gupta vliegtuig het geland by die OR Tambo lughawe. Hou Beeld dop vir foto.
– Huisgenoot berig dat Vega en Aakash amptelik getroud is.
– Versoeke vir ʼn parlementere ondersoek in die voorval. Vra soos of die gaste wettige visums het word gevra.
– Volgens die Daily News is president Zuma woedend oor die gebeure. Hy stel sy besoek aan die troue af.
– President Zuma moet die skandaal afweer na kwessies soos die Wapenskandaal, verkragtingsaak, Marikana en Nkandla.
– Die Gupta familie noem dat hul nie voorkeur behandeling verlang het nie en enige ondersoek verwelkom. Hulle het juis Sun City toe gekom om toerisme te bevorder.
– Die SAPS loods ʼn blits ondersoek hoekom sy personeel en voertuie aangewend is in ʼn konvooi na Sun City. ʼn Voorlopige ondersoek dui op misbruik.
Volgens Cosatu verlang die Gupta gaste net wit werkers.

2. DKD hofsaak
– Lees opsomming van Dag 6: Solidariteit vs die DKD
– Kerk, vakbond en gemeenskapsleiers hou ʼn mediakonferensie en spreek hul uit teen ʼn regstellendeaksiebenadering wat ten doel het om die nasionale rassedemografie oral in Suid-Afrika te laat weerspieël, ongeag die demografie van ʼn provinsie of streek.
– Marius Fransman daag nie op vir ʼn debat nie en noem dat hy op ʼn ander geleentheid met Solidariteit sal debatteer oor regstellende
– Dinsdag moes Fransman in Oudtshoorn spore maak toe skare hom aanval. Die ANC veroordeel die voorval.
– Die Deputate vir Owerheidsake van die Gereformeerde Kerke neem met kommer kennis van die wyse waarop regstellende aksie, veral deur die departement van korrektiewe dienste, in die Wes-Kaap toegepas word.

3. ANC
– President Zuma arriveer in Brazzaville in die Kongo vir besoek wat situasie in die SAR bespreek.
– Die presidensie spandeer R30m op regskostes.
– Parlementêre etiese komitee verhoor van Dinah Pule begin.
Pravin Gordhan is ongelukkig omdat Brittanje buitelandse hulp aan Suid-Afrika opgeskort het.

4. Arbeid
– Werkersdag gebruik as politieke platform om AMCU en die DA aan te val.
– Fokus op plaas en mynwerkers waar Cyril Ramaphosa preek in Rustenburg preek vir ʼn krimpende kerk

5. Misdaad, hof en ander
– Die Openbare Beskermer het 23 000 klagtes vir 2012 ontvang waarvan 21 000 gefinaliseer is en 13 000 oorgedra is in 2013

6. Ekonomie
– Regering kyk om deur koolstof belasting tussen R8 en R13 miljard te genereer.
– Minister Rob Davies belowe inspuiting vir die vervaardiging van elektriese motors in Suid-Afrika.
– Ná ‘n lang samesmeltingsproses word die nuwe mynreus Glencore Xstrata Vrydag op die Londense aandelebeurs noteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.