Nuusvoorspelling vir 30 April

Reint Dykema

1. Besoek aan Mandela
– President Zuma, Cyril Ramaphosa en Baleka Mbete besoek oud president Mandela.
– Volgens die presidensie is Mandela in ʼn goeie toestand maar ʼn ou man.
– Kyk na video waar SABC die storie “eksklusief” gebreek het.
– Op die sosiale media word die ANC gekritiseer vir die publisiteitsfoefie.
Beeld berig die Mandela familie is miljoene sterk.

2. Oilgate 2
– Petro SA se voorsitter Benny Mokaba bedank.
– Petro SA hou Dinsdag ʼn dringende mediakonferensie.

3. Wette
– Die presidensie wag nog vir die parlement om die Geheimhoudingswet te stuur vir goedkeuring.
AfriForum rig ʼn skrywe aan president Zuma en waarsku dat die Geheimhoudingswet ʼn internasionale verleentheid vir die ANC-regering kan beteken.
– Dinsdag is die laaste dag vir kommentaar oor die nuwe Onteieningswet

4. DKD hofsaak
– Getuies is vandag gelewer deur André Jonkers Hy beskik oor 17 jaar se diens. Hy het reeds twee keer in die pos van bestuurder in die opleidingsdivisie waargeneem. Lees Dag 4: Solidariteit vs die DKD.
– Solidariteit kondig reuseveldtog teen regstellende aksie aan.
– Piet le Roux van die Solidariteit Navorsing Instituut gesels oor regstellende aksie en die DKD hofsaak op Fokus. Kyk na video. Kyk deel 2 van die video
– Dirk Hermann het gepraat met die Kaapstad Persklub oor regstellende aksie. Kyk na album oor geleentheid.
– ‘n KwaZulu-Natalse polisiebeampte wen regstellende aksie saak in Durban.
– Rhoda Kadalie hou Dinsdag ʼn mediakonferensie oor Solidariteit se regstelsaak teen die DKD in Kaapstad.

5. ANC
Die ANC-vroueliga wil namens Angie Motshekga vir Sadtu hof toe neem na onderklere belediging.

6. Ander partye
– Die DA en Agang toets toe water vir samewerking.
– Die DA stel ʼn nuwe “ken jou DA” plakkaat bekend.
VF Plus kritiseer fondse aan BAWSI. Die DA stel voor Mulder moet as adjunk-minister bedank as dit hom pla.

7. Arbeid
– Cosatu maak reg om Werkersdag by 25 byeenkomste te vier.
– Hofaksie word teen Transnet geloods deur pensioentrekkers wat deur Transnet uitgebuit is. VF Plus gee terugvoer op mediakonferensie.

8. Misdaad, hof en ander
– ʼn Jong vrou Jomi Vermaak wat gekaap is, word veilig terug gevind.
– Cyril Karabus wag vir sy paspoort om terug te keer na Suid-Afrika. Maandag was hy onsuksesvol in sy poging.
– Johan Kotze is besig om uit geld uit te hardloop met sy hofsaak. Medebeskuldigdes getuig hul is gedwing om misdade te pleeg.

9. Ekonomie
– Dinsdag is laaste dag om te herregistreer vir sosiale toelae by SASSA. Sowat 15m mense word geraak.

10. Sport
– Die nasionale sport toekenings geleentheid kos R17m.
Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) gaan die 15-jarige atleet, Irene van Niekerk, help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.