Nuusvoorspelling vir 31 Mei

Reint Dykema

1. Wisselkoers
– Wisselkoers verswak deur die R10/$ vlak.
– In Desember 2001 het die rand geraak aan R13.84/$.
– Insetkostes word duurder vir produsente.
– JSE en goudaandele beleef goeie dag.

2. Zuma praat met media oor probleme in arbeid
– President Zuma praat met joernaliste oor probleme met arbeid en noem dat stakings normaal is. Noem dat die regering onpartydig sal wees.
– Zuma doen oproep dat die land se ekonomiese uitsette moet verbeter.
– Zuma spreek kommer uit dat Amcu te “onervare” is vir loononderhandelings.

3. Vavi
– Zwelinzima Vavi noem dat protes optrede die hoogste in die wêreld is en ʼn tikkende tydbom is in die townships.

4. E-tol
– Hoogsgeregshof in Johannesburg gee Cosatu toestemming vir e-tolbetoging in Ekurhuleni. Gebeure begin Vrydag om 09:00.

5. Arbeid
– Die vrede in Cosatu word as kunsmatig beskryf.
– Werkers by drie Xstrata chroommyne staak onwettig by Limpopo-myne.
– Loononderhandeling by Eskom. Werkgewer openingsaanbod: vyfjaar-ooreenkoms met 4% verhoging vir elke jaar.
– Minister Joemat-Pettersson vertel die parlement dat landbou werk skep. Statistiek SA syfers oor ʼn vyf jaar periode vertel egter ʼn ander storie.
Plaaswerkers betoog op Rawsonville – hulle is ontevrede oor die gevolge wat die nuwe minimumlone vir plaaswerkers inhou.
Danny Glover sluit aan by Popcru-optog.
– Hermon Tehuis vir Bejaardes in PTA-Noord se personeel staak van 1 Junie af. Hulp van vrywilligers benodig vir 165 sorgbehoewende bejaardes.

6. Jemen
– Die twee Suid-Afrikaners wat Maandag in Taiz in Jemen ontvoer is, is ʼn egpaar van Bloemfontein.

7. ANC
Nuwe bewyse verbind oud-ministers met omkopery met die wapenskandaal.
– ANC in Noordwes ondersoek beweerde sluipmoordkomplot teen premier Thandi Modise.
– DA ontbloot korrupsie met grondhervormingsprojek in die Oos-Kaap.

8. Misdaad en howe
AfriForum het vandag, saam met ʼn slagoffer wie se broer in ʼn onlangse plaasaanval vermoor is, Elize Perrin ʼn klagtebundel by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) ingedien en versoek dat die kommissie ʼn formele openbare verhoor oor plaasmoorde inisieer, met spesifieke fokus op die minister van polisie, Nathi Mthethwa, se traak-my-nieagtige houding oor hierdie misdaadverskynsel.
– Reeds 367 renosters gestroop vir die jaar.
– Polisie verloor 13 000 vuurwapens in 2012 met geen vervolging nie.

9. Munisipaliteite en staatsdiens
– Die DA maak gatomswaai oor Kleinfontein en noem dat die Grondwet ja sê vir Kleinfontein.
– In Port Elizabeth was daar twee dae se onrus
– AfriForum het sy 110 takke landwyd versoek om aan ʼn nasionale watermoniteringsveldtog deel te neem. Dit staan bekend as die AfriForum Blou- en Groendruppel-takprojek.

10. Ekonomie
– Met die verswakking in die rand lyk dit of petrol- en dieselpryse met onderskeidelik so 3c en 7c per liter sal styg volgende Woensdag. Die finale aankondiging word môremiddag gemaak. Die prys kan ook nog beïnvloed word deur moontlike veranderinge in die leiheffings. Hoewel dit moeilik is om te voorspel, is die kans goed, sou die rand nie versterk nie, dat petrol- en dieselpryse in Julie met meer as 60c per liter styg.
– Probleme in hoenderbedryf kan tot 20 000 werksgeleenthede kos.
Sharemax-beleggers kan tot R2,2 miljard verloor.

11. Weer
– Groot koue kan oor die naweek in die Kaap aankom en deurbeweeg na binneland.

12. Media
– Radio Pretoria kan nou op DSTV geluister word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.