Nuusvoorspelling vir 5 April

Reint Dykema

1. SAR
– Interne ANC spanning oor die kwessie.
– Minister van verdediging nie goed ingelig oor SAR-situasie nie.
– Mail & Guardian maak nog bewyse bekend van ANC-sakebelange in die SAR.
– Die dodetal van soldate gesterf bly op 13 ten spyte van ander aansprake in buitelandse media

2. ANC
– Die Gupta’s wat die ANC goedgesind is en die New Age besit wil die Sunday Times dagvaar vir R500 000 oor beweerde laster.
– Cosatu versoek dat die Nasionale Ontwikkelingsplan oorgeskryf word.
– Denel verkoop “drone” missiele aan Saudi Arabia. Veroorsaak spanning met die VSA en Israel.

3. Nelson Mandela in die hospitaal
– Mandela steeds in die hospitaal. Volgens die dokters verbeter sy situasie.
President Zuma het Donderdag besoek afgelê by Mandela en verklaar dat sy toestand stabiel is.

4. Marikana
– Kommissaris Riah Phiyega steeds in die getuiebank.
– Phiyega teken ʼn beëdigde verklaring wat sy nie gelees het nie.

5. Misdaad en howe
– SAIRR maak bekend dat reeds 360 000 mense in Suid-Afrika vermoor is sedert 1994.
– Polisieminister Nathi Mthethwa vat premier Helen Zille aan oordie Wes-Kaap Gemeenskapsveiligheidswet wat sy geteken het sonder nasionale goedkeuring. Mthethwa dreig om saak tot by die grondwetlike hof te neem indien daar nie regstelling kom nie.
– Oscar Pistorius sal self besluit wanneer hy amptelik weer begin oefen.

6. Helikopter
Die wrak van Pieter Breugem se helikopter is naby Kranskop by Nylstroom gevind nadat dit gister neergestort het.

7. Pretoria
– Die 27 straatname is nou amptelik verander en ou name sal verwyder word.
– Nuwe busse word aangekoop vir ʼn verbeterde snel-busdiens.

8. E-tol
– Finale wetgewing moet deur die parlement goedgekeur word
– Sanral verander borde langs tolpaaie wat nuwe tariewe aandui.

9. Universiteit Kaapstad
– Die plaaslike studentekoerant “Varsity” en Universiteitsbestuur moet vure doodslaan nadat meningspeiling viraal gegaan het oor wie is “die mees aantreklike ras’.

10. Facebook
– Nuwe mobielvriendelike veranderings word aan Facebook bekendgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.