1. Guptagate
– Spanning bou oor Guptagate tussen president Zuma en Gwede Mantashe. Die skandaal verdeel die ANC.
– Voormalige intelligensiehoofde verloor hul werk toe hul twee jaar gelede alarm gemaak het oor die Guptas.
– Stappe kan gedoen word teen Virenda Gupta, die Indiese Hoë Kommissaris in Suid-Afrika.
– Ahmed Kathrada-stigting vra vir volskaalse ondersoek in die skandaal. Die DA verlang antwoorde van Siyabonga Cwele oor hoekom ondersoek na Guptas gestaak is.
– Soeklig val weer op skenkings aan politieke partye insluitend die DA.
2. ANC
– Mandela-familie glo woedend oor video wat gemaak is tydens ANC-besoek. ʼn Dringende vergadering tussen die familie en ANC word beplan.
– Die ANC in Limpopo verwerp oproepe vir mosie van wantroue in hul premier Casel Mathale
– DA wil ANC-stemme onder 60% kry in die volgende verkiesing
3. Arbeid
– NUM kondig aan dat hy beplan vir ʼn dubbelsyfer verhoging met vanjaar se lone.
– Stakings tans aan die gang by Netcare, busse en Pikutup. Satawu wat by die busse staak is vasbeslote om ná drie weke vir 13% uit te hou.
– Sadou se sloerstaking van die laaste sewe weke beëindig in Onderwys.
– Werkloosheid neem toe tot 25.2% of 100 000 minder poste vir die laaste kwartaal volgens StatsSA.
– The Economist se siening oor regstellende aksie: Time to scrap affirmative action
4. Misdaad
– Verhore aan die gang sluit in Marikana, Glynis Breytenbach en Fidentia.
– ʼn Simboliese uitstalling sal op Donderdag 9 Mei tydens die bekendstelling van Kraal Uitgewers se nuutste boek, Treurgrond: Die realiteit van plaasaanvalle, 1990 tot 2012, gehou word as voorstelling van die meer as 3 300 plaasaanvalle wat in die boek gelys is. Die uitstalling, bestaande uit meer as 3 300 pare skoene, sal visueel die skokkende omvang van plaasaanvalle en -moorde ten toon stel.
5. Munisipaliteite
– Dit kan tot vyf dae kan neem om die kragtoevoer te herstel na verskeie gebiede aan die Wes-Rand
– Jimmy Manyi word aangestel by Rand Water as die strategiebestuurder.
– Die DA onthul grootskaalse wanbestuur in Potchefstroom.
6. Ekonomie
– Kragvoorsiening deur Eskom is onder geweldige druk met die winter wat nog moet begin.
– Regering en Telkom lewer nie kommentaar oor spioenasie-sagteware op bedieners nie.
– Die SAL leen R1,5 miljard vir lopende uitgawes.
7. Vermaak
-Justin Bieber en Bon Jovi tree die week in Suid-Afrika op. Verwag probleme met die verkeer veral in Kaapstad met die busstaking daar.