Nuusvoorspelling vir 7 Mei 2013

Reint Dykema

1. Guptagate
– Spanning bou oor Guptagate tussen president Zuma en Gwede Mantashe. Die skandaal verdeel die ANC.
– Voormalige intelligensiehoofde verloor hul werk toe hul twee jaar gelede alarm gemaak het oor die Guptas.
– Stappe kan gedoen word teen Virenda Gupta, die Indiese Hoë Kommissaris in Suid-Afrika.
– Ahmed Kathrada-stigting vra vir volskaalse ondersoek in die skandaal. Die DA verlang antwoorde van Siyabonga Cwele oor hoekom ondersoek na Guptas gestaak is.
– Soeklig val weer op skenkings aan politieke partye insluitend die DA.

2. ANC
– Mandela-familie glo woedend oor video wat gemaak is tydens ANC-besoek. ʼn Dringende vergadering tussen die familie en ANC word beplan.
– Die ANC in Limpopo verwerp oproepe vir mosie van wantroue in hul premier Casel Mathale
– DA wil ANC-stemme onder 60% kry in die volgende verkiesing

3. Arbeid
– NUM kondig aan dat hy beplan vir ʼn dubbelsyfer verhoging met vanjaar se lone.
– Stakings tans aan die gang by Netcare, busse en Pikutup. Satawu wat by die busse staak is vasbeslote om ná drie weke vir 13% uit te hou.
– Sadou se sloerstaking van die laaste sewe weke beëindig in Onderwys.
– Werkloosheid neem toe tot 25.2% of 100 000 minder poste vir die laaste kwartaal volgens StatsSA.
The Economist se siening oor regstellende aksie: Time to scrap affirmative action

4. Misdaad
– Verhore aan die gang sluit in Marikana, Glynis Breytenbach en Fidentia.
ʼn Simboliese uitstalling sal op Donderdag 9 Mei tydens die bekendstelling van Kraal Uitgewers se nuutste boek, Treurgrond: Die realiteit van plaasaanvalle, 1990 tot 2012, gehou word as voorstelling van die meer as 3 300 plaasaanvalle wat in die boek gelys is. Die uitstalling, bestaande uit meer as 3 300 pare skoene, sal visueel die skokkende omvang van plaasaanvalle en -moorde ten toon stel.

5. Munisipaliteite
– Dit kan tot vyf dae kan neem om die kragtoevoer te herstel na verskeie gebiede aan die Wes-Rand
– Jimmy Manyi word aangestel by Rand Water as die strategiebestuurder.
– Die DA onthul grootskaalse wanbestuur in Potchefstroom.

6. Ekonomie
– Kragvoorsiening deur Eskom is onder geweldige druk met die winter wat nog moet begin.
– Regering en Telkom lewer nie kommentaar oor spioenasie-sagteware op bedieners nie.
– Die SAL leen R1,5 miljard vir lopende uitgawes.

7. Vermaak
-Justin Bieber en Bon Jovi tree die week in Suid-Afrika op. Verwag probleme met die verkeer veral in Kaapstad met die busstaking daar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.