Nuutste misdaadsyfers die week bekend

Die ministerie van polisie sê hy sal in dié week die nuutste misdaadstatistiek bekendmaak.

ʼn Woordvoerder van die polisie, Zweli Mnisi, sê die regering maak die statistiek een keer per jaar bekend om hoofsaaklik die publiek ʼn oorsig te gee oor die misdaadsituasie in die land. Hy sê die statistiek het ook ten doel om die polisie by te staan met sy operasionele beplanning. Die minister van polisie, Nathi Mthetwa, sal die verslag Donderdag in Pretoria bekendstel. Die statistiek is vir die periode van 1 April verlede jaar tot 31 Maart vanjaar. Volgens die statistiek van die periode 1 April 2009 tot 31 Maart 2010 is 16 834 mense vermoor, ʼn afname van 8,6% in vergelyking met die jaar voor dit. Dit was ook die eerste keer sedert misdaadstatistiek in 1995 bekendgemaak is dat minder as 17 000 mense landwyd vermoor is. Die statistiek het ook gewys dat meer as die helfte van alle misdade in Suid-Afrika in Gauteng gepleeg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.