Nuwe Afrikaanse musiekspel op die horison

Johan Vorster, Jacomien de Wet en Jannes Erasmus het ‘n splinternuwe musiekspel op die horison. (Foto: Jannes Erasmus/Facebook)

Die skeppers van die treffermusiekspel Die Gelofte het pas aangekondig dat gehore hulle gereed kan maak vir nog ʼn Afrikaanse verhoogproduksie.

Die kaplyn, ’n musiekspel geskoei op die gebeure van die Grensoorlog, word in April in die AfriForum Teater in Pretoria aangebied.

“Met die sukses van Die Gelofte het ons begin dink aan ’n nuwe produksie,” het Jannes Erasmus, die skrywer en regisseur van Die Gelofte, aan Maroela Media gesê.

“Ek was meer as bereid om ’n nuwe musiekspel aan te pak, ek wou net uitvind waaroor.”

Hy het ’n ruk met dié vraagstuk geworstel, totdat ’n gehoorlid tydens die pouse van Die Gelofte hom eenkant toe geneem het om te gesels.

“Jy weet jy mag nie ophou skryf nie,” onthou Erasmus die woorde van die vrou, wat hy nie ná die gesprek weer gesien het nie.

Nog voordat hy verder met haar kon gesels het sy hom met dié woorde gelaat:

“Volgende, is dit die ‘Die verlore seun’.”

Sy het in die skare mense in verdwyn, maar haar woorde het in Erasmus se kop gemaal. Hy het nie geweet wat die storie daaragter is of moet wees nie.

Daardie selfde aand, tydens ’n gesprek oor ’n volgende stuk met Johan Vorster, wat saam met Jacomien de Wet die musiek van Die Gelofte geskryf het, het die gehoorlid se woorde weer opgeduik.

Dit het Erasmus verstom gelaat toe Vorster voorstel dat “Die verlore seun” ’n deel van die volgende produksie moet wees.

“Ek glo dat die Here met my deur mense praat. Ek het toe geweet dat daar iets groter is as wat ek besef hier agter lê.”

Tydens die ontwikkeling van die storielyn, het Erasmus met oorlogsveterane gesels. Dié waardevolle gesprekke het ’n reusebydrae tot die ontwikkeling van karakters en hul stories gelewer.

Die kaplyn sal, net soos Die Gelofte, familievriendelik wees. Erasmus sien uit daarna om die storie met soveel moontlik mense te deel.

“Dit is ’n storie wat mense gaan aanmoedig om na hul eie lewens te kyk.”

Die kaplyn is van 17 April tot en met 4 Junie op die planke en Erasmus moedig mense aan om kaartjies te koop sodra dit beskikbaar is.

“As jy Die Gelofte geniet het, moet jy beslis kaartjies vir Die kaplyn aanskaf.”

Doen ʼn oudisie

Vir Erasmus is daar min dinge so belangrik soos regverdigheid in die oudisie-proses.

“Elke liewe persoon moet ’n oudisie doen voordat hulle vir ’n rol gekies word. Elke video wat ingestuur word, word noukeurig bekyk.”

O U D I S I E S vir D I E K A P L Y NJannes Erasmus‘n Splinternuwe musiekblyspel is binnekort op die AfriForum Teater verhoog te sien. Die skeppers van Die Gelofte is terug met ‘n verhaal wat beloof om jou op reis te neem na ‘n wêreld wat jy nie eers geweet het jy na verlang nie. Akteurs moet tussen die ouderdom van 17-45 wees en die vorm (in die skakel hier onder) volledig invul om oorweeg te word vir die rolverdeling . 'n Inhoud Huis Musiek produk vir AfriForumMusiek & lirieke deur Johan Vorster & Jacomien de WetTeks en Regie deur Jannes ErasmusOrkestrasie deur Francois LessingVervaardigers: Johan Vorster & Jacomien de WetHier volg die teks vir die oudisie(Hierdie is ‘n generiese teks slegs vir oudisie doeleindes wat nie deel is van die blyspel nie, dit toets verskeie emosie en emosionele speelvlakke)Oudisie teks vir DIE KAPLYN – ’n Musiekblyspel(Hierdie teks mag slegs vir Die Kaplyn oudisie doeleindes gebruik word)(Hierdie Grease liedjie kan gesing/perform word, om verhoog persoonlikheid en energie ten toon te stel)‘I got chills, They’re multiplyin’And I’m losin’ control,‘Cause the poweryou’re supplyin’It’s electrifyin’Die somersaande van die 80’s, waar jou selfvertroue in jou hare gesit het en jou bene soos Elvis kon beweeg wanneer jy moes dans. Bubblegum en bril cream, die resep en moontlik die rede dat meeste van ons hier is vandag.Ek onthou die Wilson toffies, popcorn en die uitverkoopte drive in, wat dalk net jou ouers laat glo het dis die flieks wat so goed was daai tyd. Maar almal het geweet hoekom dit eintlik so vol was. Die tieners in die 80’s was nog kinders, wat tot sononder buite gespeel het. Wat weet hoe die bodem van ’n plaasdam voel. Hoe klink daai ‘whoop’ van ’n kleilat en hoe jy amper kon vlieg op die foefie slide. Ouderdombeperkings het nie net vir flieks gegeld nie, maar vir kindwees ook.Hulle het gesê die army vat baie meer as wat dit terug gee, maar watse keuse het ons gehad, of jy groet óf jy word gegroet. ’n Treinstasie was heilige grond. Daar was byna meer gebid en gehuil as by die kerk. Dié wat agterbly, hoop hy kom terug en die troepie in die trein, hoop dis in een stuk. Die mans wat terug gekom het was nie dieselfde mans as wat mens op die stasie gegroet het nie. Vir jare het ek my Pa verwyt dat ons nie ’n verhouding kon hê nie, dit was asof die liefde in sy hart vervang was met haat en ek het nie geweet waar dit vandaan kom nie. Gedink dit was ek wat hom so laat voel het. Vandag, jare later, té veel jare later, het ek hom vergewe, want ek het besef, die army sit nie in sy browns en sy boots nie. Dis baie dieper as dit. Ek wens die man wat my ma by daai stasie gegroet het wou terugkom…©️ Jannes Erasmus SONG: Ek verlang na jou Ek verlang omdat ek baie van jou houEk verlang so as die son en die maan en die windEn die wolke oor my gaan Verlang jy ook na my?Daar waar jy nou in die verre lande blyEn verlang jy as die son en die maan en die windEn die wolke oor jou gaanWaai wind (Waai-ai-ai wind)Bring hom terug na my Waai wind Bring hom terug na myVul hierdie vorm in en plaas jou oudisie video in hierdie skakel. ????????????????????????????????https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSfkY7hciL2BLZRpSb1F2sW6ZgnCIKRLhz01M51hhKlh85NwOg/viewform#HetJyDiePageGaanFollow#FotoVerhaalVrydag#GaanShareDiePostIn Afrikaans Starburst Promotions AfriForum

Posted by Foto Verhaal Vrydag on Friday, October 28, 2022

Mense word genooi om hul video’s vir die vervaardigers van Die kaplyn te stuur. Dit sal deur ’n paneel beoordelaars beskou word en diegene wat beïndruk sal genooi word om ’n tweede oudisie voor dié paneel af te lê.

Die sluitingsdatum om video’s in te stuur is 13 November.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Brakanjan ·

SA musiek, of te wel Afrikaanse musiek het nie redding nodig nie, dankie Antie

Antie Sarie ·

Ek stem. Want dit is soos om te verwag iemand gaan die ANC red

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.