Nuwe ANC-app vir die jeug

Skermskoot van die Wes-Kaap-app op Mxit

Skermskoot van die Wes-Kaap-app op Mxit

Die ANC het Maandag ʼn nuwe app beskikbaar gestel waarmee jongmense op hoogte kan bly van dié party se aktiwiteite.

“Die ‘My ANC’-app volg nadat die party groot welslae behaal het met sy ‘My ANC Wes-Kaap’-app op Mxit,” het Jackson Mthembu, nasionale woordvoerder vir die ANC, in ʼn verklaring gesê. “Dié app het meer as 400 000 intekenaars, hoofsaaklik tussen 17 en 25 jaar oud, gehad.”

Die ‘My ANC’-app kan glo op meer as 8 000 mobiele toestelle afgelaai word en bied aan jong Suid-Afrikaners die geleentheid om aktief by die ANC betrokke te raak, toegang te kry oor dienslewering, meer te leer oor ANC-gebeure, te stem en te registreer vir die 2014-verkiesing en besonderhede van hul wyksraadslede bekom. Die app spreek glo ook kwessies soos werkloosheid en onderwys aan.

“Intekenaars kan ook aan opnames deelneem en registreer as ANC-vrywilligers. Meer as 8 000 mense het reeds deur die ‘My ANC Wes-Kaap’-app as vrywilligers geregistreer,” het Mthembu bygevoeg.

Mxit is ʼn gewilde platform vir jeugbetrokkenheid en het meer as 7.3 miljoen aktiewe gebruikers in Afrika. Die landswye ‘My ANC’-app is gratis op Mxit beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.