Nuwe banknote defektief

Veiligheidsdraadjie duidelik sigbaar op die R200-noot

‘n Belangrike sekuriteitskenmerk op die nuwe Mandela-banknote, wat in November 2012 bekend gestel is, is defektief, het die Sunday Times berig.

Die sekuriteitsdraad, een van die veiligheidskenmerke wat die maklikste op die note gesien kan word, moes in die noot ingewerk gewees het, maar dit kan glo maklik afgetrek word en is dus ‘n vervalser se “droom”, het die koerant verder berig. Die draadjie word deur ‘n maatskappy in Duitsland vervaardig.

Die note word deur die Suid-Afrikaanse Banknotemaatskappy en ‘n Sweedse maatskappy gedruk. Die Sweedse maatskappy druk die R20, R50 en R200-note en die plaaslike maatskappy druk die R10 en R100-note.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank, wat die Suid-Afrikaanse Banknotemaatskappy in sy geheel besit, het erken dat daar “geïsoleerde klagtes” was oor die defektiewe sekuriteitsdraad op die laer denominasie-note.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gawie Botha ·

,,,,,,,,,,,,Wonder wie het kwaliteitbeheer toegepas,,,,,,,,,en die persoon verdien ook seker R100 duisend per maand!

Berita Drescher ·

Is daar dan iets wat hierdie goewerment reg kan doen? Wat n klomp narre!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.