Die nuwe banknote met oudpresident Nelson Mandela se gesig op, gaan binnekort begin sirkuleer.
Die Reserwebank het aangekondig die nuwe note gaan van 6 November af uitgebring word. Die nuwe banknote sal Madiba se gesig aan die een kant hê met een van die betrokke Groot Vyf-diere, wat op die huidige note is, aan die ander kant.
Die nuwe R10-, R20-, R50-, R100- en R200-banknote sal dieselfde grootte as die huidige note wees om verwarring te voorkom. Die nuwe banknote gaan saam met die huidige banknote sirkuleer word. Die huidige note sal steeds geldig bly.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Hou niks hiervan nie….die groot 5 alleen is baie mooier en verteenwoordig die hele S.A. sonder om politiek in te bring!