Nuwe banknote eersdaags hier

Gill Marcus van die Reserwebank saam met Winnie Madikizela-Mandela. Foto: Werner Beukes / Sapa

Die nuwe banknote met oudpresident Nelson Mandela se gesig op, gaan binnekort begin sirkuleer.

Die Reserwebank het aangekondig die nuwe note gaan van 6 November af uitgebring word. Die nuwe banknote sal Madiba se gesig aan die een kant hê met een van die betrokke Groot Vyf-diere, wat op die huidige note is, aan die ander kant.

Die nuwe R10-, R20-, R50-, R100- en R200-banknote sal dieselfde grootte as die huidige note wees om verwarring te voorkom. Die nuwe banknote gaan saam met die huidige banknote sirkuleer word. Die huidige note sal steeds geldig bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nicoline ·

Hou niks hiervan nie….die groot 5 alleen is baie mooier en verteenwoordig die hele S.A. sonder om politiek in te bring!

Paul Joubert ·

Suid-Afrika was, sedert die Van Riebeeck-note vervang is met die Groot 5, een van die min lande wat geen mense op geldnote gehad het nie. Dit is jammer dat daar nou weer ‘n mens, veral een met ‘n sterk politieke konnotasie, op die geldnote moet wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.