Nuwe beleggers vir 1time

ʼn Groep beleggers van Pakistan wat in Suid-Afrika woon, het R15 miljoen aan 1time Holdings se aandeelhouers aangebied, het Business Day Woensdag berig.

Die beleggers beplan glo om die lugredery weer op die been te bring en ʼn intra-streeksbesigheid te stig wat ‘n diens sal lewer met Harare as ‘n middelpunt.

Die groep, Pak Africa Aviation, het sy besigheidsplan aan die Johannesburgse Effektebeurs voorgelê en het “in beginsel” ʼn ooreenkoms bereik met en geniet glo die ondersteuning van die 1time-raad en ongeveer 60% van 1time se aandeelhouers.

Die nuwe beleggers het kleinhandel-, finansiële dienste en vervaardigingsmaatskappy in talle Afrika-lande gevestig met sy hoofkantoor in Sandton, Johannesburg.

Pak Africa wou aanvanklik alles wat van 1time oorgebly het aangeskaf het, maar die meer as R450 miljoen in skuld en twee uitgediende vliegtuie, is dié idee laat vaar.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.