Nuwe blitslyn vir taxi-oortredinge

Die gru-ongeluk waarin 30 mense dood is. Foto: Netcare911

Die Suid-Afrikaanse Taxivereniging (Santaco) het ʼn diens begin waar lede van die publiek taxi-oortredinge kan aanmeld.

Timeslive berig dat die inbelsentrum van 08:00 – 17:00 sal oop wees om oproepe te hanteer van padgebruikers en taxi passasiers wat klagtes het oor taxibestuurders se gedrag. Die toesighouer van die sentrum, Willie Lekaba, sê enige persoon kan inbel om enige oortredings soos oorlaaiing, roekelose bestuur, onbeskofte gedrag en dronkbestuur aan te meld. Hy sê verslae sal aan die sentrum se bestuur, die taxivereniging en die eienaar van die taxi gekommunikeer word sodat die bestuurder ondersoek en gestraf kan word indien nodig. Hy sê indien die aanklagte teen ‘n taxibestuurder strafregtelik van aard is sal dit by die polisie aangemeld word. Dié inisiatief volg op ʼn gru-ongeluk Saterdag waarin 30 mense dood is. ‘n Taxi, wat oorlaai was, het reg van voor teen ‘n vragmotor gebots.

Die inbelsentrum kan gekontak word by 0860 726 822. Maak seker jy het die taxi se registrasienommer sowel as die datum, tyd en plek van waar die oortreding plaasgevind het handig.

Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jan Nel ·

Die enigste werkbare straf is as die taxi fisies gekonfiskeer kan word. Ek dink nie iemand wat 35 mense in ‘n taxi laai gaan hom steur aan enige boete of selfs voorskrif dat hy nie meer mag ry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.