Die supermodel Lee-Ann Liebenberg het Donderdag op Twitter aangekondig dat sy swanger is.
Lee-Ann en haar man, Nicky van der Walt, is in 2011 getroud. “Ek en Nicky is so bly om die nuus te deel dat ek swanger is! Ons voel ongelooflik geseënd en ons is baie opgewonde dat ons gesin groter word!” het sy geskryf.
Die egpaar het ʼn driejarige dogtertjie, Gia. “Gia is net so opgewonde dat sy ʼn bababoetie of -sussie vroeg volgende jaar kan verwag. Baie dankie vir al die liefde en ondersteuning!”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Wonder hoe het dit gebeur?