Nuwe Chapman’s Peak toltariewe aangekondig

Motoriste sal van Julie af meer moet opdok om Chapman’s Peakrylaan in die Wes-Kaap te gebruik.

Al-Ameen Kafaar, woordvoerder van die departement van vervoer in die Wes-Kaap het Dinsdag aangekondig dat die tarief met net meer as 6% verhoog sal word, berig EWN. “Die verhoging is 6.5% vir 2012. ʼn Ligte voertuig sal R6 betaal en gereelde gebruikers sal ʼn maksimum van R33 betaal,” het hy gesê.

Len Swemmer van die Houtbaai Belastingbetalersvereniging glo egter dat dié verhoging een van vele is wat nog voorlê. “Ek dink die koerse gaan aanhou verhoog. So lank as wat ons ʼn driedag-pas het, is ek baie gelukkig,” het hy gesê. Die hooggeregshof in die Wes-Kaap het verlede week ʼn aansoek deur die groep om konstruksie van die beheergebou op Chapman’s Peak te staak, van die hand gewys. Robin Carlisle, LUR vir vervoer in die Wes-Kaap was verlig deur dié uitspraak. Konstruksie van die R54 miljoenrandse tolplaza sal na verwagting teen die middel van 2013 afgehandel wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.