Nuwe drankwette voorgestel

Argieffoto

Argieffoto

Drankwinkels moet dalk binnekort gratis water en kondome aan klante verskaf, berig EWN.

Die departement van handel en nywerheid het vroeër vandeesmaand die Nasionale Dranknorme en -standaarde vir openbare kommentaar gepubliseer. Die departement stel ook voor dat enigiemand, wat meer as 25 liter alkohol aankoop, hul naam, kontakbesonderhede, adres en redes moet verskaf waarom hulle so groot hoeveelheid drank koop.

Handelaars sal ook nie toegelaat word om alkohol te verkoop aan enigiemand wat lyk of hulle reeds onder die invloed is nie.

McDonald Netshitenze het aan 702/567 CapeTalk gesê dat die publiek hul kommentaar voor 4 Januarie moet indien. Dié sperdatum kan egter moontlik verleng word, het hy gesê. “Dit is nog nie ʼn wetsontwerp nie, dit is norme en standaarde. Ons moet norme en standaarde hê wat toepaslik sal wees vir al nege provinsies,” het Netshitenze gesê.

Volgens hom moet sake-eienaars aanspreeklikheid aanvaar. “Drank is baie gevaarlik. Die verantwoordelik moet by jou berus om die probleem te verlig,” het hy aan 702/567 CapeTalk gesê. “Jy moet water aan mense beskikbaar stel, want jy word nie so vinnig dronk as jy water en drank saam verbruik nie.”

Hulle wil ook die stryd teen MIV/VIGS aansê deur handelaars te versoek om kondome ook te verskaf. “Wanneer mense opgewonde raak, kan seksuele aktiwiteit plaasvind.”

Klik hier om meer te lees.
Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ria Maritz ·

Alhoewel ek geen alkohol gebruik nie, het ek geen probleem daarmee wanneer ‘n ander dit gebruik, mits dit matig gebruik word.

Wat die verskaffing van water en kondome betref – EK DINK DIS ABSOLUUT BELAGLIK !

Kondome is vrylik beskikbaar by klinieke, en water kan sommer langs die pad gekry word. Hoekom moet dit ‘n drankwinkel se verpligting wees om dit te voorsien.

Voed eerder die mense op om nie rond te slaap nie en om alkohol matig te gebruik.

henk venter ·

Jitte, nou het ek alles gehoor! Is dit nie bietjie vroeg vir April grappe nie? Vir ‘n begin, die suipgatte gebruik nie eens kondome as hulle nugter is nie, dit wys die 45 miljoen mense in die land duidelik, waarom sal hulle nou kondome gebruik as hulle gesuip is? Of is die kondome ‘n plaasvervanger vir ‘n papsak?
AAAAHHHH, ek het dit! Jy kan die kondoom as ‘n mobiele stortkop gebruik en die water is gratis!!!!

hendrik ·

Eenvoudig en belaglik. Nee dankie, hou maar die water ek sal met die ander regkom sal die nasionale gesgde word.

marius ·

Wow, nou ook alles gehoor. Ek verneem die kondome word geborg deur e-totie.

Eben ·

Laat ons prez zumie eers begin met kondome dan sal ons volg ……

Gunter ·

Ek drink my rooiwyn ter helfte gemeng met water. Dit proe lekker (soos koeldrank) en ek het byna nooit simptome van “drogies” of hoofpyn nie. Boonop is ek meestal nog baie nugter, maar steeds ontspanne (die rede waarom ek in die eerste plek ‘n knertsie elke nou en dan geniet).
Ek stem nie saam dat drankwinkels water moet voorsien nie (behalwe as water nie maklik toeganklik is in dié sekere gebied), maar dit is ‘n goeie idee om mense in te lig hoe goed dit is om water in te neem terwyl ‘n drankie geniet word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.