Nuwe eiland ná groot aardbewing 210 lewens eis

Die nuwe eiland. Foto: Twitter

Die nuwe eiland. Foto: Twitter

‘n Klein eiland aan die kus van die Arabiese See langs die kus van Pakistan is die tasbare getuienis van ‘n kragtige aardbewing met sy episentrum sowat 250 kilometer noord daarvandaan die binneland in.

Die dood van minstens 210 mense is reeds bevestig wat dit tot dusver vanjaar wêreldwyd die dodelikste aardbewing maak, en daar word verwag dat die jongste dodetal nog verder sal styg. Met sommige aardbewings is dit egter moeilik om die presiese dodetal vas te stel, soos in dele van Iran wat deur minderhede bewoon word, en reddingsoperasies gereeld onder skerp kritiek deurloop.

Die hoofskudding het 7,7 op die momentmagnituteskaal geregistreer (na berig word 7,8 op die Richterskaal). As die bestaande ongevallesyfers akkuraat is, het die jongste skudding en sy naskokke die dodetal vanjaar tot meer as 1 000 opgestoot. Die rede hoekom die totaal nie baie hoog is nie, is omdat die skuddings vanjaar nog geen beduidende tsunami opgelewer het nie.

Die skudding is oor ‘n baie wye gebied gevoel, selfs tot in New Delhi.

Die eiland wat ontstaan het steek sowat tien meter bo die see se oppervlak uit, en is sowat 30 meter lank. Sulke eilande ontstaan gereeld na groot aardbewings en word as “moddervulkane” beskryf. Die skokgolwe van die skuddings maak metaangasdeeltjies wat in die modder vasgevang is los, wat dan opstyg en modder saamneem. Dieselfde het in 1945, 1990 en 2001 gebeur. Dié eilande verweer gewoonlik binne ‘n jaar heeltemal weg.

Die hoofskudding maak 2013, met nog ‘n raps meer as drie maande oor, een van die ergste aardbewingjare van die afgelope dekade. Dit was reeds die 15de aardbewing van M7 of meer wêreldwyd vanjaar. Twee hiervan was M8 of meer, met agt aardbewings wat tien keer sterker as 7 is. Slegs in 2007 (17), 2009 (16), 2010 (21) en 2011 (19) is daar meer aardbewings van M7 of meer gemeet.

Die naaste aardbewing aan Suid-Afrika die afgelope week was een van M5,12 018km suidwes van Hermanus, in die omgewing van Bouveteiland.

Foto: Die nuwe eiland (Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Wonder watter faksie gaan eerste oor hierdie nuut gevonde modderplas baklei en skiet ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.