Nuwe element se bestaan bevestig

Sweedse wetenskaplikes van die Universiteit van Lund het die bestaan van nog ‘n element bevestig.

Die element, wat voorlopig as ununpentium bekend staan is baie swaar, en beklee die 115de plek op die periodieke tabel.

Amerikaanse en Russiese wetenskaplikes beweer al die afgelope dekade dat daar so ‘n element is, maar dit is nog nooit voldoende bewys nie.

Die Russiese en Amerikaanse wetenskaplikes wat in 2003 daarop aanspraak gemaak het dat hulle die nuwe element ontdek het, het kalsium 48 en americium 243 deur ‘n proses van fusie “geskep.” Kalsium-ione is met ‘n partikelversneller op ‘n plaat americium gevuur, en vier atome van die nuwe element is moontlik gevorm. Die nuwe element is so onstabiel dat dit minder as ‘n sekonde bestaan voor dit in ligter elemente opbreek.

Die Sweedse wetenskaplikes het dieselfde proses gebruik, en dié keer is sowat veertig van die nuwe atome bemerk.

Spesiale toerusting moes gebruik word om die nuwe atome onregstreeks te sien. Die toerusting neem die spesifieke X-strale waar wat die atome afgee terwyl dit verval.

Sodra die Unie vir Suiwer en Toegepaste Natuurkunde die bestaan bevestig, sal die element sy formele naam kry. Die unie mag op verdere toetse aandring alvorens hulle die nuwe element erken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Willy ·

Hierdie is nou baie beter nuus as verkragting en misdaad wat ons daagliks lees maar ek verstaan dit nie. Hierdie berig is bokant my vuurmaakplek.

Stoere Boer ·

Al wat ek sien is dat iets gebeur en binne ‘n sekonde dan was dit gewees. Nee wat laat hulle maar dit probeer uitpluis. Genoeg dinge om myself mee besig te hou.

MITZ MALAN ·

Liewe ouers! Is ‘n nuusberig dan nie veronderstel om verstaanbaar vir almal te wees nie, of is hierdie ‘n April-gek-grappie wat in Augustus plaasvind?

Trippie ·

Willy, Gert, Stoere Boer, en Mitz – verstaan julle dit regtig nie ?

Gert Malan ·

Nee, dit is in n Afrikaans geskryf wat ek nie verstaan nie! As ek dit in n vloeistof of vaste vorm moet inkry dooi ek dadelik.

Herman ·

Miskien help hierdie Kaaps
Die slim toppies van Swede sê hulle het nou geprove dat ‘n heavy metal nog op die periodic table kan bykom.
Hulle tune daai metal se naam is ununpentium, ma’ as hulle se findings geOK word, sal dit darem ‘n n uwe naam geattach kry.
Die slim toppies het die metal gemaak toe hulle iets amper soos sout moerse vinnig opgetjaarts het, en iets anners daarmee geblast het.
Die nuwe metal moet vinnig getjek word, want in minder as ‘n sekonde is dit poef, weg, dan is dit weer ‘n klomp ligte goete.
Eintlik kan mens die heavy metal se atms nie self check nie. Die ous gebruik special equipment om die X-rays te tjek wat die heavy metal in sy dying moment maak.

Trippie ·

Hey Herman, is jy Herman Toerien ? Die perd wat die berig aanvanklik geskryf het !

Goeiste, kon jy nie van die begin af dit net so gestel het sodat ons ammal kan visstaan nie hê ???

;)

german ·

Dankie, Blondie is nou ook so half en half by. Mensig Herman, die staat moet jou gebruik om die wette te verduidelik in al die fasette. Hehehe….

Herman ·

Dankie, maar ongelukkig is ek oorgekwalifiseerd vir die staat se regsafdelings. Ek het drie regsvakke EN ‘n paar kursusse agter die blad, oa een vir leke-assesore. Bv, die prez moet voor die naweek ‘n vaste direkteur van Openbare Vervolging aanstel en ek het nog nie die oproep gekry nie.

Grobbie ·

Wha..ha..ha! Dit was nou uitstekend. Dink ook jy moet German se voorstel oorweeg.

Stoere Boer ·

Trippie dit is net of dit betekenis vir jou huidiglik inhou of nie en of jy werklik so wetenskaplik belangstel dan sal jy meer in diepte daarop ingaan. Wat die doel van die element is of gaan wees gaan moontlik nie in my leeftyd bekend wees nie.

Naal de Koker ·

maklik! jy vat net paai, straal en kwadraat – mix dit lekker om die regte viskositeit te kry, en wragtig – hier is die nuwe ding!!!

Willy ·

Haha ja Trippie. Skerp! Mis vir Eben en JAVR. Ek sal sê paai radius kwadraad of is dit die vierkantige wortel. Nee gits nou is ek van die pad af met die een.

Trippie ·

Jip, mis hulle ook !

Dankie vir die “slim” insette …

Maar ja, ek wou net sê, ek verstaan dit ook nie he he he !

LEKKER AS ONS SO BIETJIE HUMOR KAN BYVOEG !

NS: GERT, die geluk is aan jou kant, jy sal “survive” ;)

german ·

Ek wil nou by al die slim toppies weet of die nuwe uitvindsel beteken dat my skoonma se sjokeladekoekresep se ingredience ook op die periodic table gelist kan word onder haar naam? Sy gooi ook ‘n klomp chemicals bymekaar en charge dit moerse op in die oond en dit proe so leke dat dit ook net ‘n paar seconds last.

Trippie ·

Goeie môre German … ek sou graag wou antwoord, maar ek issie ‘n toppie nie !
TSK !

‘;)

NS: Jou skoonma gaan jou mhur !

german ·

My punt is, is dit werklik ‘n nuwe element? Is dit nie net ‘n vreeslike kort tydelike chemiese reaksie nie? Dis nie asof die element in ntuurlike vorm op mars opgespoor is nie. Ununpentium is deur ‘n chemiese samestelling in ‘n laboratorium geskep. Net soos daardie tjokeladekoek. Gaan kuier sommer by skoonma net vir teetyd vandag.

Trippie ·

Ja Tryna, veel aangenamer om te lag as al die treurige, hartseer nuus op ‘n daaglikse basis.

Rudi ·

Dis alles goed en wel dat hulle dit reg gekry het om `n nuwe element te maak deur twee bestaande elemente te meng, maar as die nuwe element nie stabiel genoeg is nie, is dit mos *nog* nie `n nuwe element nie.
So dit laat my wonder hoekom hulle dit op die periodiete tabel wil sit. Sekerlik moet die ouens mos nog baie experimenteer om `n stabiele en self-standige element te maak en dit tyd te gee om te sien of die element nie maar net weer uit mekaar spat voor hulle dit op die periodieke tabel sit nie….?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.