Nuwe FAK-bundel besing 30 jaar van Afrikaanse musiek

Die FAK Sangbundel het reeds die afgelope 75 jaar tuis geword in die huise, harte en klaskamers van Suid-Afrikaners wat ’n passie vir Afrikaanse musiek het. Hierdie jaar sing die FAK ’n splinternuwe deuntjie met die FAK Sangbundel volume II, wat op Saterdag 6 Oktober amptelik by die Boeke-oase by Aardklop in Potchefstroom bekendgestel word.

Die nuwe bundel sluit musiek van legendes soos Koos du Plessis, Laurika Rauch, Koos Kombuis en Anton Goosen in en beloof om dié musiek vir nog ’n generasie te laat voortleef.

Andries Bezuidenhout sal die gesprek by die Boeke-oase lei en by dr. Danie Langner (uitvoerende hoof van die FAK) en Jannie du Toit (van die Sangbundelkomitee) uitvind hoekom dié bundel so spesiaal is. Die opwindende geleentheid begin om 11:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.