Nuwe fietsryreëls in Wes-Kaap

Deelnemers aan die Argus-fietsrywedren in Kaapstad

Deelnemers aan die Argus-fietsrywedren in Kaapstad

Motoriste in die Wes-Kaap moet van vandag af seker maak dat daar ten minste een meter tussen ʼn fiets en die motor is indien hulle fietsryers wil verbysteek, berig EWN.

Kragtens die nuwe wet moet fietsryers ook hul gedrag aanpas en word hulle nie toegelaat om langs mekaar te ry nie. Fietsryers mag ook nie met oorfone rondry nie.

“Alhoewel ons die nuwe maatreëls verwelkom, is een meter tussen motors en fietse nog nie genoeg nie,” het Steven Hayward, woordvoerder van die Pedal Power Association (PPA), aan EWN gesê. “ʼn Afstand van 1.5m is die internasionale praktyk en ons glo dat dít ʼn veilige afstand sal wees, omdat daar wetenskaplike bewyse hiervoor bestaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Die motoriste moet voldoen aan die wet, maar glo my die fietsryers glo hulle besit die pad, langs mekaar ry en gesels is die in ding, en behoed jou as jy toeter blaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.