Nuwe hoof vir Okosa

icasa 2Pakamile Pongwana, voormalige uitvoerende lid van Vodacom, is as hoof uitvoerende beampte van die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) aangestel.

“Pongwana volg Themba Dlamini op wie se drie jaar termyn teen die einde van Oktober uitloop,” het Paseka Maleka, woordvoerder van Okosa, Maandag gesê.

Pongwana het vroeër as adjunk direkteur-generaal vir die telekommunikasiebeleid in die departement van kommunikasie gedien. Sy aanstelling geld van 1 November.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.