Nuwe inligting oor Diana se dood

Prinses Diana

Die polisie in Brittanje ondersoek glo nuwe inligting wat hulle onlangs ontvang het oor die ongeluk waarin prinses Diana en Dodi Al Fayed in 1997 omgekom het, het die BBC Sondag berig.

Scotland Yard sê hy “ondersoek” die inligting en “assesseer die toepaslikheid en geloofwaardigheid daarvan, berig die BBC verder. Volgens Scotland Yard is dit nie ‘n nuwe ondersoek oor die afsterwe van die paartjie tydens ‘n ongeluk in Parys, Frankryk, op 31 Augustus 1997 nie. ‘n Nadoodse ondersoek in 2008 het bevind dat hulle onregmatig dood is, hoofsaaklik weens die “growwe nalatigheid” van die bestuurder van die motor.

Die polisie sê die ondersoek sal deur beamptes van die spesialemisdaad-eenheid gedoen word.

Berigte in verskeie Sondagkoerante in Engeland dui daarop dat die weermag moontlik betrokke was en dat dié inligting nou deur ‘n bron in die leër aan die polisie oorgedra is. ‘n Woordvoerder van die polisie het gesê hy “kan nie die bron van die inligting bespreek nie”.

‘n Woordvoerder van die Koninklike gesin het ook gesê prins William, prins Harry en Clarence House sal nie kommentaar lewer nie.

‘n Woordvoerder vir Dodi Al Fayed het gesê hy het nie kommentaar nie, maar “stel belang om die uitslag te sien” en sê hy is vol vertroue dat die polisie die inligting “met ywer” sal ondersoek.

Scotland Yard sê sy ondersoek val nie onder Operation Paget, die ondersoek oor bewerings dat die prinses en Al Fayed, haar kêrel, vermoor is nie. Dit is ‘n teorie wat in daardie stadium deur Al Fayed se pa, Mohamed Al Fayed, aan die lig gekom het. Hy was in daardie stadium die eienaar van die bekende Harrods-winkel in Londen.

Die verslag oor Operation Paget het in Desember 2006 egter gesê daar is geen bewyse van moord nie en alle samesweringsteorieë is van die hand gewys. Die verslag het, net soos die Franse ondersoek in 1999, bevind dat die bestuurder, Henri Paul, onder die invloed van alkohol en teen hoë spoed bestuur het.

Prinses Diana, voormalige vrou van die prins van Wallis en ma van prins William en prins Harry, was 36 toe sy in die ongeluk saam met die 42-jarige Al Fayed omgekom het. Paul het die gehuurde Mercedes bestuur wat teen ‘n pilaar binne die Pont de l’Alma-tonnel in Frankryk gebots het. Die ongeluk het gebeur toe die paartjie die Ritz-hotel verlaat en deur paparazzi op motorfietse agterna gesit is. Trevor Rees-Jones, Al Fayed se lyfwag, was die enigste oorlewende.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

frikkie ·

In 1993 het ek my vrou vertel dat Diana gaan nie lank lewe nie want dit koninklikes gaan haar laat vermoor omrede sy skandes oor die huis gebring het om te skei van die troonopvolger. Deur die geskiedenis het die koninklikes alle vroue laat vermoor wat skandes gemaak het. As Kate ook gaan skandes maak sal sy Diana se voorbeeld volg.

Tertius ·

“‘n Woordvoerder vir Dodi Al Fayed het gesê hy het nie kommentaar nie…”….

Ek sou so dink!!! LOL!

Gawie Botha ·

,,,,,,en die Engelse en Boereoorlog ,,die was n nie n Koninglikke skande gewees,plus die konsentrasiekampe,,,,,,,,,,,,,,,,,,!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.