Nuwe ministers en adjunkministers aangekondig

Zuma tydens die spesiale perskonferensie Foto: Barry Bateman van EWN op Twitter (@ewnreporter)

President Jacob Zuma het Dinsdag tydens ʼn spesiale mediakonferensie skommelinge aan sy kabinet aangekondig.

“Twintig jaar van demokrasie het ons land se aansien verander, en die afgelope vyf jaar het daardie veranderinge selfs nog verder vorentoe geneem,” het Zuma gesê. “Die prestasies kan toegeskryf word aan talle van ons ministers, premiers, adjunkministers, lede van die uitvoerende raad, burgemeesters en talle ander mense wat geswoeg het om die proses van transformasie in te lyf en die lewensgehalte van die publiek te verbeter.”

Die nuwe ministers en adjunkministers is soos volg:

1. Die minister van samewerkende regering, Lechesa Tsenoli;
2. Die minister van menslike nedersettings, me. Connie September;
3. Die minister van kommunikasie, Yunus Carrim;
4. Die minister van energie, Ben Martins;
5. Die minister van vervoer, me. Dipuo Peters;
6. Die adjunkminister van justisie en konstitusionele ontwikkeling, John Jeffery;
7. Die adjunkminister van wetenskap en tegnologie, Michael Masutha;
8. Die adjunkminister van samewerkende regering en tradisionele sake, Andries Nel;
9. Die adjunkminister van plattelandse ontwikkeling en grondhervorming, me Pamela Tshwete.

Zuma het die voormalige ministers vir hul bydrae bedank.
Die nuwe lede sal Woensdag [10 Julie] hul eed aflê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kaspaas ·

Was “onbevoegdheid” al weer die wagwoord , of het die vorige ministers nie genoeg gedoen om Zuma te verryk nie ?

Johann ·

“Die adjunkminister van samewerkende regering en tradisionele sake, Andries Nel”
‘n Man met ‘n Afrikanernaam in beheer van tradisionele sake? Wie is die man?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.