Nuwe motorfietseenheid kry nooddienste vinniger op ʼn toneel

Foto: IOL

Paramedici sal nou vinniger op noodtonele kan reageer te danke aan ʼn motorfiets-eenheid wat van stapel gestuur is.

Angels on Wheels, is pas in Gauteng bekend gestel. Dit is ʼn uitgebreide paramediese motorfiets-eenheid wat Johannesburg, Pretoria en die omliggende gebiede gaan bedien.

Tumi Nkosi, Netcare 911 se besturende direkteur, het Woensdag by hul hoofkantoor in Sandton gesê die motorfietseenheid se reaksietyd is tot 40% vinniger, veral in spitsverkeer. “Die eenheid sal waardevol wees in gevalle waar vinnige optrede nodig is, soos in beroertes, hartaanvalle en verdrinkings,” het Nkosi gesê.

Na ʼn proeflopie in Gauteng kan dit binnekort ook in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal in werking gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.