Nuwe “Murder, She Wrote” is ‘n fout, sê Lansbury

Angela Lansbury in "Murder, She Wrote"

Angela Lansbury in “Murder, She Wrote”

‘n Amptelike lokprent en die episode, South by Southwest van Murder, She Wrote, volg onderaan die berig. Angela Lansbury sê “dis ʼn fout” van NBC om ʼn nuwe reeks Murder, She Wrote te noem.

Die netwerk het onlangs hul planne aangekondig om dié televisieprogram weer te laat herleef met die Oscar-wenner, Octavia Spencer, as ster. Spencer het verlede maand op Twitter dié nuwe TV-projek bevestig.

Lansbury, wat later vandeesweek ʼn ere-Oscar-toekenning sal ontvang, het gesê Murder, She Wrote was haar “deurgang tot die wêreld”. “Ek was skielik ʼn wêreldbekende karakter, Jessica Fletcher. Die program het ʼn verbysterende gehoor gehad, en het dit vandag nog,” het die 88-jarige uit New York gesê. “Dit was die ding wat my ʼn ster in almal se oë gemaak het.”

Lansbury het drie Oscar-nominasies en vier Tony-toekennings ontvang toe sy by die CBS-drama, tussen 1984 en 1996, aangesluit het. Sy het 12 agtereenvolgende Emmy-nominasies ontvang.

“Ek dink dit is ʼn fout om die nuwe program weer Murder, She Wrote te noem,” het Lansbury gesê. “Murder, She Wrote sal altyd handel oor Cabot Cove en hierdie wonderlike groepie mense wat wonderlike stories vertel. En mense het ʼn gedeelte van daardie plek en Jessica Fletcher, ʼn seldsame individu, geniet. Ek is dus jammer dat hulle dié titel gaan gebruik, maar dit is hulle eiendom en dit is hulle reg.”

Lansbury sê sy is ʼn bewonderaar van Spencer se werk. “Ek het haar in The Help gesien en gedink sy is wonderlik, ʼn lieflike aktrise. Ek wens haar alles van die beste toe, maar ek wens dit was nie in Murder, She Wrote nie.”

Verteenwoordigers vir Spencer het nie op ʼn e-pos van AP reageer nie.
Die episode, South by Southwest van Murder, She Wrote, volg onderaan die amptelike lokprent.
http://youtu.be/g7s8NWAqVS8
http://youtu.be/p8SCqr5tjDM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Caveat Emptor ·

Octavia Lenora Spencer is ‘n nie-blanke die amerikaners en hul hoofstroom media hou daarvan om alles wat goed was oor te doen, maar sedert die einde van die 80’s, ook polities korek en links-liberaliste te wille te wees.

Alles wat voorheen deur blanke persone vertolk was verander in nie-blank, die amerikaners het al tot die noorse god Heimdallr na nie-blank verander. Alle wiskundiges, wetenskaplikes en bestuur is dan ook altyd nie-blank, en enige tipe kriminele tipering word nooit vertolk as nie-blank nie, maar blank. So ook moet alle blankes vertolk word as of getroud met nie-blanke of in ‘n verhouding met ‘n nie-blanke. Ek neem aan dit is nie genoeg dat hulle ‘n nie-blank president het nie, alles moet verander. Wonder of hulle Steve Jobs en Bill Gates as nie-blank gaan vertolk?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.