President Jacob Zuma het Vrydag die nuwe nasionale direkteur van openbare vervolging (NDPP) en hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) aangekondig.
“Mxolisi Nxasana is die nuwe nasionale direkteur van openbare vervolging,” het Zuma in ‘n verklaring gesê. “Hy is ‘n praktiserende prokureur met ‘n skatkis van ondervinding in kriminele reg, en hy het al talle senior poste in die regsprofessie beklee, insluitend as voorsitter van die regsvereniging van KwaZulu-Natal.”
Zuma het Vasantrai Soni as die hoof van die SOE aangewys. “Advokaat Soni is ‘n senior raadslid met 25 jaar ondervinding en het ‘n belangrike rol gespeel in die Jali-kommissie van Ondersoek oor korrupsie in Suid-Afrikaanse tronke,” het Zuma gesê.
Sophy Moipone Dinah Noko is as direkteur van openbare vervolging in die regsgebied van die KwaZulu-Natalse afdeling van die hooggeregshof aangestel.
Kom ons kyk hoe lank neem dit, dat dit op die lappe gaan kom dat hulle nie die regte kwalifikasies het nie, die regte ondervinding en wie is vriende of familie van wie in die regering.
Willy,ons bly in n “Wonderland” Wonder gedurig.