Nuwe polisiebaas is reg vir uitdaging

Riah Phiyega Foto: Elmond Jiyane

Mangwashi Phiyega, die nuutaangestelde nasionale polisiekommissaris, het erken dat sy bewus is van die groot taak wat voor haar lê.

Die nuwe polisiebaas het vir die eerste keer die media toegespreek nadat sy Dinsdag Suid-Afrika se eerste vroue polisiekommissaris geword het. Voor dié aanstelling het Phiyega lank as voorsitter en raadslid by Absa gedien. Sy het gesê om sukses te behaal is dit nodig om te leer en te luister sodat sy daadwerklik kan optree. Sy gaan Vrydag met senior polisiebeamptes vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.