Nuwe politieke party gestig

ʼn Nuwe politieke party, die South African National Congress (SANC), is gestig.

ʼn Kennisgewing is verlede maand in die Staatskoerant gepubliseer om die oprigting van die SANC aan te kondig, het Business Day Dinsdag berig.

Keith Khoza, woordvoerder van die African National Congress (ANC), het aan Business Day gesê hy is bewus van die party se registrasie, maar weet nie wie die stigterslede is nie. “Die ANC gaan beswaar aanteken by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) oor die nuwe party se naam,” het Khoza gesê.

Business Day berig verder dat ʼn anonieme regeringsamptenaar gesê het die party word met ʼn groep verbind wat hulself “forces of change” (magte van verandering) noem en is daarteen gekant dat president Jacob Zuma as ANC-leier herverkies moet word. Die groep wil adjunk-president Kgalema Motlanthe as die nuwe ANC-president verkies en, indien dit nie gebeur nie, hoop hulle om ʼn nuwe opposisie party te stig voor die volgende algemene verkiesing in 2014.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Dit is so dat ‘n al groterwordende hoeveelheid swart mense ‘n hoër lewenstyl begin leef as ‘n dekade of twee gelede. Diesulkes is beter geleerd en opgevoed as die oorblywende massas en koester dus ook verwagtinge van ‘n beter Suid-Afrika. Tans leef die massas nog in groot armoede, het onder-standaard skolastiese opvoeding en verbeur basiese fasiliteite soos elektrisiteit, skoon water en behuising. Verder gaan die land gebuk onder hoë koerse van werkloosheid buiten dat die plaaslike hoofsaaklik ongeskoolde bevolking nog moet meeding met duisende uitlanders van oral uit Afrika.

En terwyl daar ‘n smagting is vir ‘n beter bestaan is in ‘n vrye Suid-Afrika, is die regeringsleiers en ander kamerade besig om hulself op groot skaal te verryk – in baie gevalle ten koste van die res van die bevolking. Dit word al meer en meer raakgesien en ontstaan daar dus woede en opstand.

Alhoewel dit nog onbekend is wie die stigters van SANC (South African National Congress) party is, sal dit mens nie verbaas indien dit swart mense uit die boonste inkomste-lae is wat ‘n ommekeer teweeg wil bring in die praktyke van korrupsie, wanadministrasie, swak dienslewering en dergelike sake nie.

Die toekoms sal ons leer wat die motief vir die vorming van SANC was en wie die leiers is. Een ding is egter seker en dit is dat hulle ondersteunersbasis grootliks uit die ANC sal kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.