Nuwe R2-muntstuk om Uniegebou te vier

Gill Marcus, goewerneur van die SARB met die R2-muntstuk Foto: GCIS/SAPA

Gill Marcus, goewerneur van die SARB met die R2-muntstuk Foto: GCIS/SAPA

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Woensdag ʼn nuwe R2-muntstuk vrygestel om die 100-jarige bestaan van die Uniegebou te vier.

“Die muntstukke sal in sirkulasie geplaas word en as deel van ʼn versamelaarstel versprei word,” het Hlengani Mathebula, woordvoerder vir die SARB, gesê.

SA Mint sal die muntstukke vervaardig. “Die SA Mint sal die sterlingsilwer R2-kroon uitreik as ʼn enkel muntstuk met sy beperkte oplaag van 1 000, sowel as deel van ʼn versamelaarstelletjie wat die kroon, sirkulasiemuntstuk en 20 herdenkingseëls insluit,” het Mathebula gesê. Daar sal slegs 700 stelletjies beskikbaar bemaak word.

Die stelletjies en die R2-kroon sal by SA Mint en Coin World beskikbaar wees.

Die muntstuk het die landswapen, jaar van uitreiking, en die woorde “Suid-Afrika” in Afrikaans en isiXhosa op sy voorkant. ʼn Afbeelding van die Uniegebou verskyn op die rugkant.

Die R2-sirkulasiemuntstuk sal van vroeg 2014 af in sirkulasie geplaas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.