Nuwe SOE-hoof dalk binnekort aangestel

Pres. Jacob Zuma

President Jacob Zuma is glo in die proses om ʼn hoof vir die spesiale ondersoekeenheid (SOE) te soek, het die presidensie Dinsdag gesê.

“Die aanstelling geniet steeds die aandag van president Zuma,” het Mac Maharaj, die presidensie se woordvoerder, gesê.

“Dit sal onvanpas wees om nou die name van die kandidate wat oorweeg word, bekend te maak. Ons wil hul privaatheid beskerm sowel as die integriteit van die proses en die instelling,” het hy gesê.

Dié eenheid wat korrupsie beveg, is al vir 14 maande lank sonder ʼn hoof nadat regter Willem Heath in 2011 bedank het. Dit was skaars twee weke nadat hy aangestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.