Nuwe Springbokspan aangekondig

Heyneke Meyer

Die Springbokspan vir die Castle Lager-reeks teen Italië, Skotland en Samoa wat volgende week begin, is Saterdagaand deur die breier Heyneke Meyer aangekondig.

“Ek is baie tevrede met die span, daar is ‘n hele paar jongelinge en mens moet hulle en die ander ouens wat in Suid-Afrika speel, ondersteun,” het Meyer gesê. Die Springbokke speel volgende Saterdag in Durban teen Italië wanneer hulle met die viernasies-toernooi begin. Hulle sal dan op 15 Junie teen Skotland te staan kom in Nelspruit. Daar sal ‘n finale ronde wedstryde in Pretoria op 22 Junie plaasvind, met die spanne wat bepaal sal word deur die resultate van die twee aanvangsnaweke.

Die span is soos volg:

Voorspelers: Tendai Mtawarira, Lourens Adriaanse, Trevor Nyakane, Jannie du Plessis, Coenie Oosthuizen, Adriaan Strauss, Bismarck du Plessis, Chiliboy Ralepelle, Eben Etzebeth, Flip van der Merwe, Juandré Kruger, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi, Francois Louw, Marcell Coetzee, Willem Alberts, Arno Botha, Lappies Labuschagne and Pierre Spies.

Agterspelers: Jano Vermaak, Ruan Pienaar, Francois Hougaard, Pat Lambie, Morné Steyn, Jean de Villiers, Juan de Jongh, Jan Serfontein, JJ Engelbrecht, Bryan Habana, Lwazi Mvovo, Bjorn Basson, Gio Aplon, Zane Kirchner and Willie le Roux.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.