Nuwe Springbokspan aangekondig

Die Springbokafrigter, Heyneke Meyer, het Saterdagaand sy span vir die toetse in Engeland bekendgemaak. Foto: ravereview.co.za

Die Suid-Afrikaanse rugbyafrigter, Heyneke Meyer, het Saterdagaand sy Springbokspan vir die drie toetse in Engeland aangekondig.

Volgens Rugbyweek.com het Meyer nege spelers ingesluit wat nog nie voorheen vir dié span gespeel het nie. Hy het ook 13 spelers van die Bulle ingesluit en net drie spelers van die Stormers gekies, wat tans die voorlopers van die Suid-Afrikaanse spanne in die Superrugby-toetsreeks is.

Meyer het egter nog nie sy kaptein aangekondig nie. Hy het gesê dat dié posisie Sondag by ʼn kamp bespreek sal word. Fourie du Preez, wat nie vir die span gekies is nie, was volgens kenners ʼn verrassing, aangesien hy ook ʼn goeie keuse vir ʼn kaptein sou wees.

Klik hier vir meer inligting.

Die span bestaan uit:
Willem Alberts
Bjorn Basson
Marcell Coetzee
Keegan Daniel
Jean de Villiers
Bismarck du Plessis
Jannie du Plessis
JJ Engelbrecht
Eben Etzebeth
Bryan Habana
Francois Hougaard
Elton Jantjies
Ryan Kankowski
Zane Kirchner
Juandre Kruger
Werner Kruger
Patrick Lambie
Tendai Mtawarira
Lwazi Mvovo
Wynand Olivier
Coenie Oosthuizen
Ruan Pienaar
JP Pietersen
Jacques Potgieter
Chiliboy Ralepelle
Pierre Spies
Frans Steyn
Morne Steyn
Adriaan Strauss
Flip van der Merwe
Franco van der Merwe
Jano Vermaak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter ·

Ja nee, ‘n mens sou dit van Heyneke kon verwag het dat hy die Bulle sou bevoordeel in sy keuse van die Bok span. Net tyd sal leer .

Olga Grobler ·

Ek glo en vertrou dat daar baie deeglik gekyk is na wie gekies moet word…want waarom sal ‘n afrigter nie die beste span kies vir ons land nie. Baie geluk aan elke speler en MAAK ONS TROTS!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.