Nuwe staatsdepartement vir die “einde van die wêreld”

Die konstitusionele hof het ʼn “uiters dringende hofaansoek” ontvang dat ʼn “ondersoekende taakspan” aangestel moet word om voor te berei vir die einde van die wêreld op 21 Desember.

Robert Sefatsa (38), ʼn inwoner van Soweto, het ook in die hofstuk aangedui dat die regering ʼn nuwe departement moet instel om vir die oordeelsdag volgende week Vrydag voor te berei, berig Beeld. Hy stel voor dat die nuwe regeringsdepartement die “departement van paranormale en esoteriese wetenskappe” moet heet.

Sefatsa het daarop gewys dat die Maja-kalender aandui dat oordeelsdag op 21 Desember gaan plaasvind en dit daarom uiters dringend is dat Suid-Afrika en ander lande hul voorbereidings tref. ʼn Kommissie van Ondersoek moet glo geoloë, statistici, astronome, ekonome, en buite-ruimtelike tegnoloë insluit en moet bekwaam wees om ontruimingsprosedures, see- en luglogistiek, en hervestiging te koördineer.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mike Kruger ·

Ag asseblief. Wie dink hy is hy? God? Asb word wakker, nie jy of enige sg wetenskaplike of wie ookal sal die einde van die wereld kan bepaal of keer nie. Daar is net EEN persoon en dit is JESUS self

Corrie Calitz ·

Waar dink die man moet die mens heen wanneer die ” wereld vergaan”, verstaan hy nie wat ” vergaan ” beteken nie. Asb. red nou ‘n nasie met sulke mense !!! LMGA

Jan ·

AG NEE!!! So op betaaldag! En nou het ek nog soveel geld aan kersgeskenke spandeer….. als verniet. Lyk my eerder dis nog ‘n skuiwergat om weer ‘n klomp geld te verduister deur ons hoogs intellektuele regering.

Paul Joubert ·

Jan, dis ‘n privaat persoon wat ‘n aansoek by die hof ingedien het. Dit het niks met die regering te doen nie, en dit sal ongetwyfeld deur die hoef verwerp word.

naomi ·

nee jan ek gaan nie payday maak nie < myne kom na die datum, sjoe mense ek kanie wag om die opvolg die 22ste op die berig te lees nie, paul, mike ,rina en corrie good gese

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.