Nuwe toltariewe vir Gauteng-hoofweë

Die kabinet het toltariewe vir Gauteng se opgegradeerde hoofweë goedgekeur.

Die hersiene tariewe kom na die aanvanklike tariewe gebruikers op hol gehad het. Volgens die nuwe tariewe sal motorfietsryers 24 c per kilometer betaal, ligte voertuie 40 c per kilometer en swaar voertuie R2 per kilometer betaal. Taxi’s en busse wat kwalifiseer sal geen tolgeld betaal nie. Motoriste met e-tag sal afslag kry. Daar sal ook afslag gegee word aan motoriste wat gedurende sekere tye van die dag dié paaie gebruik. Volgens die aanvanklike tariewe sou dit ʼn ligte motorvoertuig 66c per kilometer gekos het om op die opgegradeerde hoofweë te ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.