Nuwe universiteite in 2014

Blade Nzimande

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het Donderdag gesê twee nuwe universiteite is gereed vir nuwe studente in 2014.

Volgens Nzimande is R300 miljoen opsy gesit vir die voorbereidingsproses en word omgewingsimpakstudies tans uitgevoer. Die universiteite sal onderskeidelik in Mpumalanga en die Noord-Kaap in 2013 gebou word, berig EWN. Nzimande het bygevoeg dat universiteitsinnames tot 1.5 miljoen studente in 2013 moet toeneem. Die onmiddellike prioriteit is die aankoop van staatsgrond waarop die twee universiteite gebou kan word. Die een in Mpumalanga sal sowat 15 000 studente kan akkommodeer en die een in die Noord-Kaap 5 000 studente.

Intussen het Mduduzi Manana, adjunk-minister van hoër onderwys, studente aangemoedig om betyds vir universiteit te registreer. Die departement wil ‘n herhaling van die stormloop wat in Januarie by die Universiteit van Johannesburg plaasgevind het, verhoed. ‘n 48-jarige vrou is doodgetrap toe voornemende studente die ingang tydens die laat aansoeke stormgeloop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.