ʼn Nuwe vakbond, die Workers’ Association Union (WAU), is Saterdag vir werknemers in die mynbedryf gestig.
WAU beplan om met die mynmaatskappye, Implats, Amplats en Lonmin, te vergader om ʼn einde te bring aan die maande lange Amcu-staking.
“Ons gaan Donderdag of Vrydag met die maatskappy vergader,” het Elphas Ngoepe, die vakbond se sekretaris, Maandag gesê. “Ons wil ʼn voorstel aan hulle maak om die situasie te beredder. Ons lede wil terugkeer werk toe. Die vergadering gaan poog om dit te bewerkstellig.”
Ngoepe het gesê hulle gaan nie probeer om oor loonooreenkomste met die mynmaatskappy te onderhandel nie, maar om te verseker dat hul lede terugkeer werk toe. “Ons kan nie sit en toekyk terwyl ons lede honger ly weens ʼn onbepaalde staking nie.”
Die platinumsektor gaan gebuk onder die beskermde Assiociation of Mineworkers and Construction Union (Amcu)-staking. Nagenoeg 80 000 Amcu-lede het op 23 Januarie begin staak. Die vakbond eis ʼn basiese salaris van R12 500 per maand vir myners. Dit is meer as dubbel die huidige intreesalaris.
Amcu het verlede jaar die dominante vakbond, die National Union of Mineworkers (NUM), by die myne onttroon.
Ngoepe het gesê WAU is apolities, hulle is nie in kompetisie met ander vakbonde nie, en is ook nie geaffilieer aan enige instelling nie. Lees meer hier.
SAPA
Uiteindelik! Lyk of daar uiteindelik iemand met bietjie common sense tot die arena toetree. Op die ou einde is almal verloorders! Dis nou te se, almal behalwe die unies. Hulle kry nog steeds hulle gelde. Ongeag of hulle lede krepeer van ellende en honger. Wie anders baat by so uitgerekte, geweldadige aksie?