Nuwe vakbond in Noordwes gestig

platinum

Argieffoto

ʼn Nuwe vakbond, die Workers’ Association Union (WAU), is Saterdag vir werknemers in die mynbedryf gestig.

WAU beplan om met die mynmaatskappye, Implats, Amplats en Lonmin, te vergader om ʼn einde te bring aan die maande lange Amcu-staking.

“Ons gaan Donderdag of Vrydag met die maatskappy vergader,” het Elphas Ngoepe, die vakbond se sekretaris, Maandag gesê. “Ons wil ʼn voorstel aan hulle maak om die situasie te beredder. Ons lede wil terugkeer werk toe. Die vergadering gaan poog om dit te bewerkstellig.”

Ngoepe het gesê hulle gaan nie probeer om oor loonooreenkomste met die mynmaatskappy te onderhandel nie, maar om te verseker dat hul lede terugkeer werk toe. “Ons kan nie sit en toekyk terwyl ons lede honger ly weens ʼn onbepaalde staking nie.”

Die platinumsektor gaan gebuk onder die beskermde Assiociation of Mineworkers and Construction Union (Amcu)-staking. Nagenoeg 80 000 Amcu-lede het op 23 Januarie begin staak. Die vakbond eis ʼn basiese salaris van R12 500 per maand vir myners. Dit is meer as dubbel die huidige intreesalaris.

Amcu het verlede jaar die dominante vakbond, die National Union of Mineworkers (NUM), by die myne onttroon.

Ngoepe het gesê WAU is apolities, hulle is nie in kompetisie met ander vakbonde nie, en is ook nie geaffilieer aan enige instelling nie. Lees meer hier.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marieta ·

Uiteindelik! Lyk of daar uiteindelik iemand met bietjie common sense tot die arena toetree. Op die ou einde is almal verloorders! Dis nou te se, almal behalwe die unies. Hulle kry nog steeds hulle gelde. Ongeag of hulle lede krepeer van ellende en honger. Wie anders baat by so uitgerekte, geweldadige aksie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.