Nuwe veiligheidskenmerke op Mandela-banknote

geldDie Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het nuwe veiligheidskenmerke op die Mandela-banknote aangebring.

“Om kenmerke op banknote te verander is ʼn voortdurende proses om te verseker dat die hoogste vlakke van gehalte en veiligheid gehandhaaf word,” het Gill Marcus van die SARB Woensdag in ʼn verklaring gesê.

Klein kolletjies is aan die voor- en agterkant van die banknote aangebring.

Die Mandela-banknote is 12 maande gelede in sirkulasie geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.