“Nuwe vuvuzela” minder skadelik vir gehoor

Helderkleurige caxirolas te koop.

Helderkleurige caxirolas te koop.

Die vuvuzela is tydens die aanbied van die 2010-Wêreldbekersokkertoernooi in Suid-Afrika erg op die voorgrond geplaas. Dié raserige ding, wat met sy 113 desibel in slegs ‘n minuut gehoorskade aan iemand kan aanrig, maak steeds opslae nadat die Algemene Gesag van Islamitiese Aangeleenthede reeds in Julie 2010 ‘n fatwa daaroor uitgereik het.

Om te keer dat die vuvuzela ook by aanstaande jaar se toernooi in Brasilië uitslaan, is ‘n plaasvervanger, die caxirola, ontwerp.

Navorsing toon nou dat die caxirola se geluid minder kakofonies en skadelik as die vuvuzela is. Die caxirola se geluid is 45 desibel, en die geluidenergie is 30 000 keer minder as die vuvuzela se geraas. Die bevindings kan hier gelees word.

Tog is daar reeds ‘n veldtog om die caxirola ook aan die ban te doen. “As jy dink die geraas van die vuvuzela was erg, wag tot jy die caxirola hoor!” skryf ‘n kritikus op die internet.

Die Caxirola is ‘n soort ratel – ‘n geslote plastiese mandjie met ‘n klompie sintetiese voorwerpe in wat geskud moet word om ‘n geraas te maak. Hoewel die Caxirola die “amptelike” geraasmaker in Brasilië gaan wees, lyk dit nie of dit in die stadions toegelaat gaan word nie. Die veiligheidsbeamptes beskou dit as ʼn veiligheidsrisiko.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elize ·

Moet punte gee vir die poging, maar ai,die naam- kan net dink wat die volksmond(tong in die kies) daarmee gaan aanvang. Se maar net…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.