Nuwe Wapenwet reeds in werking

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Nuwe Wapenwet is vroeër vandeesmaand in werking gestel wat mense, wat aan openbare byeenkomste en optogte deelneem, verbied om gevaarlike wapens te dra.

“Die Wet op Gevaarlike Wapens verbied onder andere vuurwapens, luggewere, items wat soos gewere lyk, messe, spiese of enige skerp voorwerpe wat ʼn lewe kan neem wat byle, knopkieries, hamers en koevoete insluit, by betogings en openbare byeenkomste,” het lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, Dinsdag gesê.

“As ʼn persoon in besit is van ʼn gevaarlike wapen, en enige redelike vermoede ontstaan dat die persoon van voornemens is om ʼn onregmatige daad daarmee te pleeg, kan die persoon skuldig bevind woord aan ʼn kriminele misdryf. Sou die persoon skuldig bevind word, kan die skuldige ʼn boete opgelê word of ʼn maksimum van drie jaar tronkstraf kry,” het Makgale gesê.

Makgale het gesê die wet is reeds sedert 2 Januarie in werking. ‘n Mens kan nie vir die besit van ʼn gevaarlike wapen in hegtenis geneem word as die persoon vir ʼn wetstoepassinginstansie werk of as die wapen vir kulturele of godsdienstige doeleindes gebruik word nie.

Gevaarlike wapens kan wel tydens die geleenthede gebruik word vir ontspanning of ʼn vertoning of uitstalling van ʼn versameling wapens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eben ·

Solomon Makgale ons sal jou glo as JY iets doen met die stakers van die myne …. Hulle dra mos sulke wapens …. Komaan ou grote wys ons hoe neem julle slapgat polisie dit van hulle af …. Ons wag ……

EyesEars ·

‘n Mens kan nie vir die besit van ʼn gevaarlike wapen in hegtenis geneem word as die persoon vir ʼn wetstoepassinginstansie werk of as die wapen vir kulturele of godsdienstige doeleindes gebruik word nie.

Dit al klaar sê baie, wat die nuwe wapenwet nie baie belowend laat klink nie. Nog ‘n “loophole”.

kraalmuur ·

is ‘n jukskei of crank shaft ook ‘n gevaarlike wapen…

kraalmuur ·

Ek onthou ‘n tyd toe die ANC die land aan die brand gesteek het en derduisende mense vermoor het met hul tradisionele wapens en geweier het om dit neer te lê. Nou sê dieselfde ANC die mense moet hul wapens neerlê. Interessant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.