Nuwe weergawe van mediaverklaring oor Jansen-lesing nou op webwerf

Prof. Jonathan Jansen

Prof. Jonathan Jansen

‘n Nuwe mediaverklaring van die Percy Baneshik-gedenklesing wat prof. Jonathan Jansen, Kovsierektor, onlangs gelewer het, is op die universiteit se webwerf geplaas.

Die nuwe mediaverklaring is gestroop van die omstrede stellings wat Afrikaanssprekendes op hol het,soos dat uitsluitlik Afrikaanse skole of selfs oorheersend blanke Afrikaanse skole ‘n ernstige bedreiging vir rasseverhoudinge in Suid-Afrika inhou. Die nuwe verklaring gee ook duidelikheid oor sy standpunt oor moedertaalonderrig – dat dit handel oor die gehalte van onderrig wat sukses waarborg.

Die oorspronklike mediaverklaring is laat gister verwyder, en deur die loop van die oggend vervang.

Die nuwe mediaverklaring lees nou soos volg:

Die universiteit het die Engelse Akademie se Percy Baneshik-gedenklesing vir 2013 op die Bloemfontein-kampus aangebied, waardeur die lewe van een van Suid-Afrika se bekendste kunskritici herdenk is.
Die programrede is gelewer deur prof Jonathan Jansen, Visekanselier en Rektor, wat hom by ‘n uitgelese lys van sprekers aangesluit het wat reeds die lesing gelewer het. Die lesing, wat jaarliks aangebied word deur die Engelse Akademie van Suid-Afrika, ‘n vereniging wat daartoe verbind is om die doeltreffende gebruik van Engels as ‘n dinamiese taal in Suid-Afrika te bevorder, is reeds deur sprekers soos prof Es’kia Mphahlele, prof Njabulo Ndebele, dr Alan Paton en prof Albie Sachs gelewer. Die lesing word by plekke regoor die land aangebied en vanjaar was dit Bloemfontein se beurt om hulde te bring aan Percy Baneshik.
In sy toespraak Not even colonial born: England, the English and the problem of education in South Africa, het prof Jansen die dilemma van die hedendaagse taalpolitiek in sowel skool- as universiteitsonderrig aangespreek.
Met verwysing na die oorheersing van Engels in skole, het prof Jansen gesê dit is die taal van voorkeur omdat die onderrig van inheemse tale so swak is. “Om net in jou moedertaal te leer, is geen waarborg van beter leerresultate op skool nie. Die probleem is nie die taal van onderrig nie, maar die gehalte daarvan, die kennis van kurrikulum en die bestendigheid van die skool.”
Prof Jansen het aan die gehoor in die CR Swart-saal gesê dat uitsluitlik Afrikaanse skole of selfs oorheersend blanke Afrikaanse skole ‘n ernstige bedreiging vir rasseverhoudinge in Suid-Afrika inhou. “’n Mens kan eenvoudig nie jongmense voorberei om die letsels van ons gewelddadige verlede te hanteer, sonder om in die opvoedkundige omgewing optimale geleenthede te skep vir saam leef en saam leer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frik Lotz ·

Nuwe mediaverklaring gaan niks verander aan dit wat prof Jansen gesê het nie.Wat hy gese het is gedane sake en daar moenie probeer word om die hele storie te “sugarcoat” nie.Die skade is gedoen,maar prof Jansen hardloop altyd weg van sy verantwoordelikheid teenoor dit wat hy gesê het en hy word altyd beskerm.Dit gebeur gereeld en dit moet nou end kry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.